Oscar Pistorius

Volle naam: Oscar Leonard Carl Pistorius

Beroep/Veld: Naellope

Plek van Geboorte: Sandton, Johannesburg

Aantal jare ervaring: 8 (sedert sy deelname aan die Paralimpiese Spele in 2004)

Prestasies: 18 goue medaljes, 4 silwer en een brons medaljes vir verskeie internasionale en nasionale atletiekbyeenkomste. Eerste atleet met dubbele beenprosteses om aan die 2012 Olimpiese Spele in Londen deel te neem.

Google Hits: 54 400 000

Biografie:
Staan bekend as die “Blade Runner” en “die vinnigste man sonder bene”. Beide Pistorius se bene is geamputeer toe hy 11 maande oud was. In 2007 het hy aan sy eerste internasionale wedloop vir ongestremde atlete deelgeneem. Hy het reeds talle goue medaljes in die 2004 en 2008 Paralimpiese Spele ingepalm en neem in 2012 aan die Olimpiese Spele deel.

Skakels:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Christien ·

Ek is nie oortuig dat Oscar ‘n volbloed Afrikaner is nie !!

Chris ·

“Afrikaaner” or not he made History in 2012 true legend, and should make every South African proud! United as one nation

Eben ·

Moeilike een. Dat hy ‘n held is, en ‘n top Suid-Afrikaner is, is nie vir my moeilik om in te sien nie. Die vraag is egter spesifiek of hy ‘n top Afrikaner is.
Vir my is Afrikanerskap iets wat jy moet WIL wees (Ja, ek glo daar is ‘n vrywillige element en dis nie net opgesluit in jou DNA nie, maar jou keuses). As Oscar homself as ‘n Afrikaner sien (dus, nie net ‘n Suid-Afrikaner nie), dan kwalifiseer hy wel vir hierdie ‘kulturele olimpiese spele.’ As hy egter net aan ‘n nasionale identiteit vasklou en vere voel vir sy kultuur, dan diskwalifiseer hy homself vir die eindrondte.
Dit sou baie jammer wees, want ek sou hom in die top 10 wou sien.
Waar vind mens egter uit hoe hy oor die saak voel? Atlete is baie versigtig om hulle Afrikanerskap te beklemtoon in SA, ek dink omdat hulle bang is dit word gesien as ‘n verdelende en onpatriotiese skuif. Die ironie is dat in ‘n land waar diversiteit so geprys word, word kulturele trots dikwels onder die voet vertrap. Maar hoe kan ek ander kulture respekteer as ek nie my eie kultuur respekteer nie?

Aangaande Oscar… Mens sal maar seker net moet raai.

anita ·

vir elke gestremde, vir elke jong seun gesonde seun/dogter, vir ons is hy ‘n voorbeeld dat niks iemand hoef onder te kry nie , alles is moontlik wanneer die wil daar is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.