Oudsoldaat van SA in Zimbabwe aangekeer

Argieffoto (Foto: Hansie Linde)

’n Voormalige lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is in Zimbabwe in hegtenis geneem vir die besit van ’n ongelisensieerde pistool. Die pistool het glo 11 patrone in gehad.

Fannie Frank Manzini (54) is Vrydag in die Masvingo-provinsie saam met twee Zimbabwiese burgers, Talkmore Maruva (38) en Jacob Gwenhamo (38), in hegtenis geneem.

Harare Live en Pindula News berig die drie was glo van plan om ’n gewapende rooftog uit te voer.

Volgens inligting het die polisie Vrydag omstreeks 17:00 inligting ontvang oor gewapende mans wat van plan is om ’n rooftog by ’n onderneming in Ngundu, in die Chivi-distrik, uit te voer.

“Polisie het hulle na die toneel gehaas en die twee verdagtes by die Delta Beverages-winkel in Ngundu aangekeer,” lui die berigte.

“Die verdagtes is in die besit gevind van ʼn Glock-pistool, gelaai met 11 patrone.”

Manzini, oorspronklik van Johannesburg, het Maandag in die landdroshof in die Zimbabwiese dorp Chiredzi verskyn. Hy staan tereg op een aanklag van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ’n aanklag van oortreding van dié land se Immigrasiewet.

Die verdagtes sal in aanhouding bly tot hul volgende hofverskyning, wanneer hulle formeel om borgtog kan aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

domheks ·

Hopelik is Zim se gereg beter as SA. As hy hier aangekla is is hy more weer op straat met R500-00 boete!

GWS ·

Sluit toe en gooi weg die sleutel. Ons wil hom nie terug hê nie!

Perdeby ·

Ja nee Zim is nie SA waar jy borgtog vir alles kry nie, daar gaan hy sit tot hy gevonnis word.

Gerhardus ·

Wow! Zimbabwe polisie vang skurke nog vóórdat hulle ‘n misdaad kan pleeg. Hier in Suid Afrika moet ‘n oortreder jare later self by die polisie stasie inloop, om nogal aansoek te doen vir ‘n pos in die SAPS – Bethal, – voordat hy gearresteer kan word. Wat ‘n grap!

Swerwer ·

Wat het die “Oud Soldaat ” nou te make met wie die persoon is wat nou in hegtenis geneem is. Hy is nie meer in die weermag nie . Hierdie dat mense so roem op wat hul was of gedoen het in die verlede is kleinlik. Hy is nie meer in die Weermag nie en dus hoef die weermag se naam nie gebruik te word nie want die weermag het tans nie ‘n goeie naam nie en met sulke berugte word dit weereens vuilgesmeer.

Blikkies ·

Wat kon nou so waardevol gewees het in Zim om te roof..LMGA

Witbaard ·

Daar gaan hy sy Moses teëkom. Ek dink daar in Zim is jy skuldig, totdat jy onskuldig bevind is.

Oosieoos ·

Hulle mense kom pleeg mos gereëld misdaad in Sa met vergunning van Sa se swak regering. Kry vir julle

Miena ·

Wat het die SANW nou uit te waai met die saak? Hoekom word hulle naam genoem en verkleineer (verder) nog? My man was ook jare gelede in die SANW – so as hy in n rooftog betrokke was (wat nie sal gebeur nie -touch wood-) gaan die berig ook lees “Oud Artillerie SANW Lid betrokke in rooftog” omdat hy MVL’s, R1 en R5 ondervinding het, ohhh en by the way – my man werk vir n groot Konstruksie maatskappy- LLMGA. Maar ek moet se- hierdie berig het my oog en aandag dadelik gevang en ek wou lees wat het die oud-army bokkop gedoen. En nee – ek se hom nie sleg as persoon of val hom aan nie – maar Ja daar was n eenheid wat die bokkoppe genoem was destyds.

Hennie ·

Weet nie hoekom word verwys na ‘bokkop’ nie. …. dit was die springbokkop op die groen beret wat die SA Infanterie korps was … hoogs trotse eenheid van die ou SAW waarvan ek self n baie trotse Invanteris (bokkop) lid is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.