Pa wat dogter ‘herhaaldelik verkrag’ agter tralies

(Argieffoto)

ʼn Man het Donderdag in die hof verskyn op aanklag daarvan dat hy sy eie dogter herhaaldelik verkrag en sy vrou en seun erg aangerand het.

Die polisie het Dinsdag toegeslaan op ʼn woning in Eshowe in KwaZulu-Natal, nadat die polisie inligting ontvang het dat ʼn tienermeisie hier verkrag word.

“Namate die polisie die huis genader het, het die verdagte uit die huis gevlug en in die nabygeleë bosse verdwyn. Sy vrou en twee kinders is in die huis gevind en onmiddellik na ʼn plek van veiligheid geneem,” het konst. Thenjiswa Ngcobo, polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, Saterdag gesê.

Twee speurders het by die huis agtergebly om te wag vir die verdagte, wat uiteindelik later huis toe gekeer het. ʼn Rewolwer en ammunisie is in sy besit gevind. ʼn Haelgeweer met 14 patrone is ook in die huis gevind en hy is in hegtenis geneem.

“Uit die ondersoek blyk dit dat die man sy dogter gedurende Maart en Julie vanjaar herhaaldelik verkrag het. Hy het moontlik ook sy 12-jarige seun en sy vrou erg aangerand. Die vrou is veral deurlopend mishandel en kon nie ontsnap nie.”

Die verdagte het Donderdag in die hof verskyn en bly in aanhouding tot 31 Augustus, wanneer hy ʼn formele borgtogaansoek sal indien.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Boer ·

Sulke mense het nie die reg om te lewe nie. Jammer dit is hoe ek voel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.