Die Pentecostal Holiness Church naby Empangeni in die noorde van KwaZulu-Natal het die name bekend gemaak van die 13 mense wat Donderdagaand dood is toe ʼn gedeelte van die kerk ineengestort het.
“Ons wil al die gemeenskapslede en leiers van politieke partye bedank vir hul boodskappe van medelye vir die families van die oorledenes,” het die kerk in ʼn verklaring gesê.
ʼn Muur het tydens ʼn Paasdiens kort voor middernag ineengestort. Ses kerkgangers is ernstig in die voorval beseer. Tien ander het ligte beserings opgedoen.
Die kerk het die name van die oorledenes bekend gemaak. Die oorledenes is Samkelisiwe Mzila, Thandazo Dube, Minenhle Mdluli, Nonkanyiselo Shandu, Nokuthula Hlongwane, Alice Mhlongo, Lungi Mcambi, Bongekile Masondo, Ntando Mlondi, Thule Ncube, Mthabela Andiswa, Thembi Mthabela en Alta Langa.
Die kerk het sy dankbaarheid uitgespreek teenoor Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, en Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal, wat die beseerdes besoek het.
“Ons bedank die noodspanne, onder wie die rampbestuurpersoneel, wat sedert Donderdagaand onverpoos gewerk het. Ons bedank veral die departement van samewerkende regering en tradisionele sake onder leiding van LUR Nomsa Dube-Ncube wat die rampspanne geaktiveer en gekoördineer het. Ons bedank ook godsdiensleiers wat die kerk besoek het om woorde van troos te bied.”
Die kerk sal intussen in samewerking met die provinsiale regering reëlings tref vir berading vir die families wat geraak word, die roudiens wat vir Donderdag geskeduleer is en die begrafnisse wat volgende naweek sal plaasvind.
Die regering sal ʼn amptelike verslag bekend stel nadat die ondersoek na die voorval afgehandel is.
Dit is so hartseer. Sonder om van die hartseer weg te neem, waar was al die ampsdraers toe die planne van die gebou goedgekeer is en die bouwerk geïnspekteer is? Nou kom oes die belangrike mense politieke punte by diegene wat nie van beter weet nie.
ń Ghoema vir al die groot name (politieke hyenas) wat opgedaag het. Meegevoel aan die naastes van hulle wat gesterf het.
Dit lyk of dit n enkel baksteen muur was. Hoogs onwettig.
Al hierdie KERKE..wat brand en/of ineenstort satan se werk..Die regering se regterhand….?
Dit is wie se werk dit dit was. Sonder twyfel.
Ja,maak nie saak of daai wat daar dood is hier in Pretoria teenwoordig was toe die kerk verniel was ,die werk van bo,stem saam.