Pres. Jacob Zuma se broerskind, Khulubuse Zuma, is een van die 140 mense wat genoem word in die sogenaamde Panama Papers.
Die Panama Papers is die resultaat van ʼn wêreldwye ondersoek deur ʼn internasionale bondgenootskap van meer as 100 mediakanale en is gegrond op miljoene dokumente wat uitgelek het en glo wys hoe politici, bekendes en van die wêreld se rykste en magtigste mense “banke, regsfirmas en buitelandse skynmaatskappye gebruik om hul bates weg te steek”.
Die 11,5 miljoen dokumente wat uitgelek het, is van die Panamese regsfirma Mossack Fonseca. Die prokureursfirma se dienste sluit onder meer in die integrasie van maatskappye in buitelandse jurisdiksie, die administrasie van buitelandse maatskappye teen ʼn jaarlikse fooi en batebestuur. Die uitlek van die maatskappy se interne databasis word as een van die grootstes nog beskryf, selfs groter as die berugte WikiLeaks.
Volgens die International Consortium of Investigative Journalists (ICIJ), wat die dokumente beskikbaar gestel het, het die ondersoek ʼn rolverdeling van karakters ontbloot wat van buitelandse maatskappye gebruik maak om “omkopery te fasiliteer, asook wapentransaksies, belastingontduiking, finansiële bedrog en dwelmhandel”. ICIJ het gesê die dokumente behels die “afgelope 40 jaar se dag-tot-dag-sake van Mossack Fonseca”.
Clive Khulubuse Zuma word intussen by ʼn omstrede olietransaksie in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) betrek. “Zuma is gemagtig om Caprikat Limited, een van twee buitelandse maatskappye wat op omstrede wyse olievelde in DRK bekom het, te verteenwoordig. Teen die einde van die somer in 2010, terwyl daar vrae was oor die verkryging, het die Britse Maagde-eilandgroep se owerhede vir Mossack Fonseca opdrag gegee om agtergrondinligting oor Zuma te verskaf, iets wat die regsfirma nog nie voorheen verkry het nie. Mossack Fonseca het dieselfde jaar besluit om sy verhouding met die twee maatskappye te beëindig. Zuma en verteenwoordigers van die maatskappye het bewerings van wandade verwerp en beweer dat die olietransaksies ‘baie aanloklik’ is vir die DRK-regering,” lui ’n inskrywing op die Panama Papers se webwerf.
’n Woordvoerder van Fleurette, die eienaar van die twee maatskappye, het by navraag van Panama Papers gesê “die DRK trek groot voordeel” uit “beleggings en langtermyn-verbintenis” en dat “plaaslike gemeenskappe omvattend bevoordeel word”. Zuma het nie op navrae gereageer nie.
Dis so lagwekkend wat aangaan.
Ja nee kyk…… Nie einde aan die Zuma’s nie. Die R250 m Nkandla geld klink soos kleingeld teenoor die R100 biljoen olietransaksie… Lyk my die hele Afrika is hulle speelveld.. Nie woorde nie.
Die hele spul is korrup. Hoe is dit dat hulle nie juis skolastiese opvoeding het nie, maar as dit by skelmstreke kom is hulle voor in die koor en weet presies hoe en wat om te doen?
Waar daar n reukie is,is daar n sponsdoring,bloed bly dikker as water,die ding is in die familie!
Dink net as die ander dam se makoue al die slim initiatiewe van inovasie van skel, steel, goed te fluik, in positiewe goed kan insit… Afrika sal dan voor op die koor wees…
Fleurette? Wat se naam is dit vir ‘n maatskappy behalwe as dit ‘n blommewinkel is? En die is allesbehalwe so maatskappy!
Ek het mos vroeër gesê Zuma gaan vir Nkandla terug betaal maar dit sal nie uit sy rekening wees nie. Hy mag nou wel net ñ laerskool opleiding hê maar as dit kom by “bymekaar maak en stories vertel” – dan is hy ń meester.
Sal graag ook wil weet waar daai skool is waar hulle skool gegaan het want dit moet ‘n goeie skool wees om jou so vindingryk te maak vir korrupsie, diefstal en al daai goed
Gierigheid is die oorsaak van vele se ondergang.
Wees tevrede met dit wat jy het……….dis net tydelike “armoede”.