Parys-boere: Uitspraak weer uitgestel

Die Parys-boere wat aangekla word van moord verskyn weer in die hof. (Foto: Tania Heyns)

Regter Corne van Zyl het Dinsdag in die hooggeregshof in Parys in die Vrystaat met haar uitspraak in die opspraakwekkende Parysboere-moordverhoor begin.

“Die saak is uitdagend om die minste te sê met baie kwessies wat [met die verloop daarvan] opgeduik het,” het Van Zyl in die hof gesê.

Boeta van der Westhuizen, sy seun Loedie van der Westhuizen, Anton Loggenberg en sy seun Cor Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo en Miela Jansen van Vuuren staan tereg in verband met die moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba in Januarie 2016. Die staat beweer die ses beskuldigdes was deel van ʼn groep boere wat op 6 Januarie 2016 vir Tjixa en Jubeba op die plaas Swartklip aangekeer en só erg aangerand het dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.

Van Zyl het vanoggend se verrigtinge afgeskop met ʼn opsomming van die eerste getuienisse wat in die saak gelewer is voordat die hof tot Woensdagmiddag verdaag is.

Al ses beskuldigdes se verhoor het reeds in Mei 2017 begin. Hulle pleit onskuldig.

Van Zyl het uitgelig dat die saak die afgelope twee jaar en vyf maande 64 dae lank in die hof aangehoor is. Die saak het die afgelope paar jaar egter talle uitstellery en terugslae beleef, onder meer weens verskeie veranderings wat aan die verdediging se regspan gemaak moes word. Die veranderinge sluit in die afsterwe van ʼn regsverteenwoordiger.

Die uitspraak is vroeër vanjaar uitgestel en Van Zyl sal nou na verwagting 18 Oktober die uitspraak afhandel.

Lees alle berigte oor die saak op Maroela Media hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Gesiggie ·

2016….2019 kan die saak nie nou einde toe staan, sodat die mense kan aangaan met hul lewe??as hul skuldig is moet die bewyse al lankal daar gewees het. Sterkte aan die Parys boere… mag als goed gaan vir jul.

Christa ·

EK glo sake word so Baie uit Gestel Om die Manne te benadeel. Hoekom nie die saak afhandel en straf of loslaat nie. Dis hoekom sake jare sloer en tronke oorvol is van onafgehandelde sake.

Jakes ·

Indien die slagoffers wel plaasaanvallers was dan het hulle hul loon ontvang. Tronkstraf sou in elk geval geen rehabilitasie tot gevolg gehad het nie.

Swannie ·

Mens kan mos sien hoekom sake so lank neem om afgehandel te word.
SZlegs `n opsomming is in die hof gegee en toe is die hof verdaag tot Woensdagmiddag.

Ek sê reguit dat Landdroste en regters te lui is om `n voldag te werk.

Kobus ·

Lees mooi, een van die redes was veranderinge aan die manbe se Regsverteenwoordiging o.a. die afsterwecvan een van diecRegsmanne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.