Pasgebore baba in bosse weggegooi

Die polisie het Sondag ’n oproep ontvang van iemand wat sê hy het iets gesien wat soos ’n baba wat toegedraai is, lyk (Foto: Verskaf)

’n 37-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat sy glo haar pasgebore baba in die bosse langs ’n treinspoor in Dullstroom, Mpumalanga, weggegooi het.

Volgens brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het die polisie Sondag omstreeks 17:00 ’n oproep ontvang van iemand wat sê hy het iets gesien wat soos ’n baba wat toegedraai is, lyk.

“Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle bevestig dat dit wel ’n baba is. Nooddienste is na die toneel ontbied wat die baba hospitaal toe geneem het,” bevestig Mohlala.

Die polisie in Dullstroom het ’n ondersoek van stapel gestuur wat hulle na die ma van die babaseuntjie gelei het. Sy is in boeie geslaan en word van kinderverwaarlosing aangekla.

Die ma sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Belfast verskyn.

Lt.genl. Semakaleng Daphney, die provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, het die inhegtenisneming verwelkom, maar in dieselfde asem die ma se beweerde optrede veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Nie Verbaas ·

Skokkend, werklik skokkend om te besef hoeveel n lewe werd is vir sommiges.

ES ·

Goed genoeg om die die baba in die lewe te bring maar nie goed genoeg om vir die kind te sorg nie… wat ‘n siek wereld.

Gaitsigubib ·

Op 16 Augustus 1993 kry ek n baba in n swart sak op n plot naby Oosskool, Polokwane. Sy was soos gemors weggegooi, koud en gedehidreerd maar het gelewe. Ek wonder of haar aanneemouers haar iets vertel het van n Boer wat haar gekry het 29 jaar gelede. …. wonder waar sy is vandag.

VannieBaai ·

Dit sou nou ‘n interessante navorsingsprojek vir iemand wees. Baie dankie vir wat jy gedoen het.

miche ·

Ek dink ook dis die moeite werd om hierdie op te volg/ na te vors. Baie interessant.

Jillian ·

Knip en knoop sommer nou al haar vroue dele wat nog kinders kan verwerk! Sy verdien nie om ‘n ma genoem te word nie en nog minder om nog onskuldige kinders in die lewe te bring!

Jillian ·

Dankie! Dis tyd dat ons regering bietjie begin dink in sulke sake.

blia ·

EK en my man destyds lank gesukkel om swanger te raak. Goed soos hierdie het my altyd rasend kwaad en hartseer gemaak. Ek wat enige iets sou gee om ‘n kind te hê, teenoor hierdie mense wat hul so maklik kry and dan soos vullis weggooi. Sou dit haar enige skade doen om die baba net op te gee vir aanneming?

Hannelize ·

Ek is saam met jou met die 1. Ek raak smoor kwaad daaroor. Dan wonder ek soms wat het EK verkeerd gedoen, hoekom kan ek nie maar daai kindjie se mamma wees nie? Maar ja nou is ek al te oud vir sulke klein babas. Baie sterkte vir jou.

Jillian ·

Ek ken die hartseer van nie kan swanger raak nie. Sulke mense maak my ook boos verby!

Estelle ·

Die ma moet onmiddelik n verpligte histerektomie kry, want sy sal net weer kinders kry en hulle weer net weggooi
Skande! Honde gooi nie eens hul kleintjies weg nie.

Suzette ·

Presies – wonder altyd as wat kan mens hierdie wesens klassifiseer want hulle het geen menslikheid nie, geen empatie, liefdeloos, wreed,

Zollie ·

Ek weet van baie skape wat hulle lammers weggooi en dan deur die boer grootgemaak moet word.

Wielspore ·

Zollie, dit is waar en dit is reeds agv menslike inmenging, skape wat in klein kampies aangehou word gedurende lam tyd. Die ooie ervaar trauma met al die ander skape wat teenwoordig is en verwerp dan die lam, veral as daar tweeling lammers is.

Wat op dees Aarde ·

Sulke tragiese gebeure vind plaas agv een rede: SASSA kindertoelae’s. Daar word kinders gekry om die geld te kan kry. Die kind/ers moet maar self sien kom klaar. Hulle is niks minder as ‘n maandelikse paaiement nie. Hoe vinniger daar van die SASSA kindertoelae’s ontslae raak, hoe vinniger gaan dié soort misdaad ook stop.

Watsenaam ·

Liewe hemel, wat nog? Sommige mense het geen gevoel of gewetens nie.
Miskien is dit tyd dat ons afgode-dienste terug bring soos in die tyd van Moses.
Daar was Baal aanbidders wat hulle kinders aan Baal ge-offer het en hulle verbrand het.
Wat gaan van hierdie pragtige land word. Na die slegte era van aparte ontwikkeling wil almal oor ander heers en regeer, dis die een hofsaak op die ander.
Korupsie, onvergewens gesindheid, moord, verkragting haat, vergelding. Miskien moet ek ook my hande in onskuld was en hierdie verottende land verlaat. Is daar nie iemand wat my finansieel kan steun om dit te doen nie?
Dankie.

Chavonne ·

die ma? ‘n ma gooi nie haar kind weg nie. dis ‘n feit!

VannieBaai ·

Maar leef die kind nog????? Ek kan nie uit die berig agterkom nie.

Sê maar net ·

Nie eens ‘n hond gooi haar kleintjies weg nie: ( So hartseer. Lewe die babatjie nog?

Wonder ·

Soos dit vir my lyk is daar maar n handjie vol mense in die wereld wat nog gevoelens het nogal scary om daaraan te dink…

007 ·

Nie eers ‘n hond gooi sy kleintjies weg nie. Hiervoor gaan ek seker weer onder sensuur wees?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.