Pastoor vir verkragting, kinderpornografie gevonnis

(Argieffoto ter illustrasie)

Die streekhof op Oudtshoorn in die Wes-Kaap het ʼn pastoor tot 54 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy op drie aanklagte van verkragting, drie aanklagte van onwelvoeglike aanranding, seksuele aanranding en 26 aanklagte van kinderpornografie skuldig bevind is.

Die man se naam word weerhou aangesien die klaers in die saak sy familielede is.

Eric Ntabazalila, die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder in die Wes-Kaap, sê die pastoor het ʼn 13-jarige kind in 2003 onwelvoeglik aangerand en verkrag. Die voorvalle het by sy huis, kantoor en die kerk waar hy as pastoor gewerk het, plaasgevind.

Die slagoffer het die saak in 2018 by die polisie aangemeld.

Die pastoor het ook sy aangenome dogter (14) by sy huis, kantoor en kerk seksueel aangerand en verkrag. Sy het die voorvalle ook in 2018 by die polisie aangemeld. Die man is verder op 26 aanklagte van kinderpornografie skuldig bevind nadat hy foto’s van die internet afgelaai het.

Hy het ontken dat die meisies in dié foto’s onder 18 was.

ʼn Kundige het egter vir die staat getuig dat die meisies inderdaad minderjarig was.

Die pastoor het in die hof erken dat hy aan pornografie verslaaf is.

“Die hof het van die minimum voorgeskrewe vonnis afgewyk en die beskuldigde tot 54 jaar direkte tronkstraf gevonnis. Die hof het ook beveel dat sy naam op die nasionale register van seksuele oortreders geplaas word,” het Ntabazalila gesê.

Adv. Nicolette Bell, direkteur van openbare vervolging in die Wes-Kaap, het die vonnis verwelkom en haar skok uitgespreek oor die pastoor se misbruik van mag oor kinders wat hom heelhartig vertrou het.

“Ons veroordeel enige vorm van geweld teen vroue en kinders. Ons hoop hierdie vonnis stuur ʼn sterk boodskap na buite dat die hof alles in hul vermoë sal doen om verkragters en kindermishandelaars lank tronk toe te stuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Di ·

Genade ‘n Pastoor? Mag hy sy dae kry in die tronk waar sy soort hoort!

Christine ·

Liewe hemel, mens raak siek op jou maag wanneer mens hoor dat pastore sulke goed doen. Was die pastoor getroud? Hoe kan hy vir so lank soveel kinders betas en verkrag het en niemand weet daarvan nie? Hier is nog mense wat hul plig oorskry het soos in die eerste berig.

Swerwer ·

Hoe gehasie? ‘n Pastoor wat aan pornografie verslaaf is en Sonde voor sy gemeente staan en God se woord verkondig. Nee, spoeg uit my kind, dit is waarom ons land is waar hy is vandag, rommel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.