PE-prokureur tronk toe oor bedrog

Argieffoto

Michael Randell, ʼn voormalige prokureur van Port Elizabeth, sal met sy tronkstraf begin ná die konstitusionele hof sy aansoek om verlof tot appèl teen sy vonnisoplegging van die hand gewys het.

Randell is in September 2016 deur die handelsmisdaadhof in Port Elizabeth tot ses jaar tronkstraf gevonnis, waarvan twee jaar opgeskort is, nadat hy die Greenwood Primary School uit R2,5 miljoen bedrieg het. Hy het tussen 1999 en 2006 op die skool se beheerliggaam gedien.

Randell was bekend vir ʼn klasaksie teen die departement van onderwys in 2010 wat daartoe gelei het dat die departement meer as 6 000 vakante onderwysposte moes vul.

Patrick Shelver, voormalige skoolhoof, het skuld beken en het ʼn opgeskorte vonnis ontvang in ruil vir sy getuienis teen Randell. Die voorsitter van die skool se beheerliggaam, Michel Lascot, wat ook ʼn beskuldigde was, is intussen oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Michelle ·

Hy het als waarvoor hy gestudeer het weggegooi, hy het baie mense verneder. Mnr. Randell jy word gestraf vir jou dade ons mag nie klippe gooi nie vra God om jou te vergewe .

CJ ·

Ek kan nie help om te dink aan daardie ouers wat sukkel om skoolfonds te betaal, maar wat wel getrou elke maand die verskuldigde bedrag betaal het nie. Nou moet dáárdie ouers (en my) belastinggeld die uwe Randell nog in die tronk ook “onderhou”. Shame on you!

Johan H. ·

Pragtige dag as die wat dink hulle is die”gatekeepers” self aan die pen ry. Nou nog die vicky momberg regters en politikuste wat so oorywerig die lat swaai.

Skroef ·

Vraag is, het hy ooit kinders in daardie skool gehad? Wwil wil mos “professionele” mense, nl drs, prokureurs, predikante, ryk plaasboere ten alle koste oo beheerraad hê.ongeag die deit dat die meerderheid skoliere se ouers ambagsmanne, klerke, sekretaresse ens is. Kry gir julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.