Pensioenarisse vies oor nóg aftrekkings

(Argieffoto: pixabay)

Staatsamptenare kan dalk op pensioen gaan, maar van aftree is daar oënskynlik nie sprake nie nadat ʼn nuwe ooreenkoms tussen die administrateur van die pensioenfonds vir staatsamptenare en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) in werking getree het.

Dit beteken dat staatspensioenarisse wat ʼn bykomende inkomste het, se belasting voortaan aangepas moet word. Hierdie aanpassing kan as ʼn maandelikse aftrekking gedoen word, of die bykomende belasting wat gehef word, kan aan die einde van die belastingjaar inbetaal word.

Talle pensioenarisse spoeg egter vuur oor aftrekkings wat verkeerd gedoen is en in sommige gevalle ʼn beduidende hap uit hulle maandelikse inkomste geneem het.

Die pensioenfonds vir staatsamptenare (GEPF) het vroeër al gesê hy neem kennis van die pensioenarisse se kommer oor die verminderde pensioen wat sommige van hulle vandeesmaand ontvang het.

Die GEPF sê dit is die gevolg van ʼn direktief wat die SAID in werking gestel het wat ʼn hersiene belastingkoers op die maandelikse pensioenuitbetaling beloop. Die fonds sê hy het voor die inwerkingstelling van die hersiene belastingkoers aan alle pensioenarisse geskryf en oor hul keuses ingelig.

“Dit lyk ongelukkig of sommige pensioenarisse nie die korrespondensie ontvang het nie, of nie die keuses en opsies wat hulle gehad het, heeltemal begryp het nie,” het die GEPF gesê.

Prakties beteken die inwerkingstelling van die direktief dat veranderings aan die lopende betaalstelsel (PAYE) aangebring word. Dit geld egter net vir pensioenarisse wat meer as een bron van belasbare inkomste – benewens hul staatsdienspensioen – ontvang en dit ook so op die inkomstediens se stelsel aangedui word.

Pensioenarisse kan steeds kies om nie van die hersiene koers gebruik te maak nie en na die gewone PAYE-koers vir pensioen oorslaan. Die GEPF waarsku egter dat dit sal beteken dat hy belasting nes in vorige maande aftrek en ʼn meer akkurate belastingaftrekking – soos deur die SAID bereken – nie gebruik sal word nie.

“Dit kan beteken dat jy aan die einde van die belastingjaar skuld by die SAID moet vereffen.”

Sommige pensioenarisse sê dit voel of hulle nou moet smeek vir hul eie geld en baie van hulle het die gebrek aan terugvoer en behoorlike kommunikasie skerp veroordeel.

Sommige mense kla dat hulle skielik ook meer belas word, selfs al is daar geen sprake van ʼn tweede inkomste nie. Dié pensioenarisse is aangeraai om die kwessie so gou as moontlik op te neem sodat dit reggestel kan word en die probleem hom nie volgende maand herhaal nie.

Daar was ook onduidelikheid oor presies wat as ʼn bykomende inkomste beskou word, of wat die geval is indien daar verlede jaar ʼn tweede inkomste was, maar nie vanjaar weer nie.

Volgens die GEPF sal foute wat aangemeld word, reggestel en aftrekkings wat verkeerdelik gedoen is, terugbetaal word.

Na verneem word, het die SAID in Maart vanjaar ʼn lys van sowat 44 000 mense saamgestel wat GEPF-pensioen ontvang, maar ook ʼn tweede inkomste in die 2021-’22-boekjaar verklaar het. Die gesamentlike inkomste het die groep oor die drempel vir persoonlike inkomstebelasting gestoot.

Die GEPF het pensioenarisse gevra hoe hulle vir die belasting wil betaal en waar geen antwoord ontvang is nie, is daar in September outomaties voortgegaan om die aftrekkings te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

AndrewL ·

SAID soek geld om die land aan die gang te hou. Nou teiken hul die weerloses.

Daardie geld wat onnodig afgetrek word, kon bietjie rente getrek het.

SAID verander hul reëls soos dit hulle pas en wanneer dit hulle pas. Moenie dink dat jy vinnig iets terugkry as hul jou skuld nie.

Suzette ·

Dit word aangewend om vir die uitverkorenes se krag, water, sekuriteit en, en en te betaal. Wat n skande. Hoekom moet bejaardes in elk geval belasting betaal. Net om die kaders nou al op “early pension” te sit. Moet hulle nie eers bietjie werk daarvoor nie? As die soustrein finaal ontspoor gaan hulle wat alles so op “beslag le” baie verder gly as die treinspore waarop hulle, hulle nou bevind.

Casper ·

Gelukkig het ek al my pensiongeld onttrek by GEPF en my geld elders belê.Ek het ook meer uitgekry as wat ek sou kry as ek by GEPF gebly het en ek het nou gemoedsrus.Sela

Anel ·

Mens werk vir jou pensioen en neem ook ‘n ekstratjie uit om dit aan te vul, waarop jy klaar belasting betaal. Nou word die 2 saam gevoeg, jy beland in ‘n hoër skaal en moet nog meer belasting betaal. Al hieweol jy klaar betaal het en dan kry jy minder uit met die ekstratjie. Net sodat die regering hulle kaders kan betaal, hulle nie hoef munisipale rekenings te betaal nie en massiewe verhogings kan kry. Nou moet ons as pensioenarisse, wat gedink het ons maak voorsiening vir ons ou dag, sowaar ons hard verdiendiende geld ook kwyt wees!!! Dis mos… Lees meer »

00 Antwoord

Hans ·

Al die politiek opsy. Die versekeringsmense vertel nooit aan goedgelowiges dat annuïteite uitbetalings by aftrede sekondêre inkomste is en teen hoër koers belas word.
Niemand verduidelik ook dat enige belegging wat uitbetaal, vir kapitaalwins belasting in aanmerking kom nie.
Dus, spaar of spandeer? Of jy lewe of dood is, belasting betaal jy.

SjN ·

Hans, onthou wetgewing word gewysig en geimplimenteer om hulle te pas om meer fondse te in om verder te plunder.

Gert ·

Ek het my hele lewe oortyd gewerk om ekstra geld te verdien. Het reeds baie belasting daarop betaal want dit het my inkomste verhoog. Altyd ou voertuie gery. Baie min op vakansie gegaan. Alles om te spaar vir ons oudag. Nou word ons ongelooflik belas op die geld wat vas belê is. Ons ontvang dit nie eers maandeliks nie want dit is ‘n langtermyn belegging sodat dit darem effens kan groei aangesien die staatsdienspensioen so min groei dat ons moontlik oor ‘n paar jaar nie meer daarvan sal kan lewe nie.
Die 9% rente wat ons verdien word nou eintlik gehalfveer, m.a.w die paar rand wat daar is word eintlik maandeliks minder as gevolg van die inflasie koers.

My siening ·

Ek weet nie hoekom jul kla as jy meer verdien betaal jy meer belasting, so werk dit vir my wat op pensioen is en nou nog n werk by gekry het, of dink jul oor jul vir staat gewerk het jy moet vry wees van belasting. Jy het nooit belasting op jou bydra gehad nie, jy dink nou soos die ministers en kader kie alles is verniet en publiek moet maar net opdok!

Blikkies ·

Bom, jou antwoord is meer van ‘n wind. Jy het miskien ‘n groot salaris en helse pos in die staat beklee. Nie almal van ons nie. Natuurlik moet ek werk, ons is nie meer jonk nie en hoe moet ek my en my vrou aan die lewe hou met die bietjie wat ek kry dink jy? Sê my Bommetjie……Jy praat absoluut nonsens en vergelyk jouself eerder met die ministers en kie, Windbol.

Marthinus W ·

Ek was gister toevallig by die GEPF in Marshallstraat, Jhb. Die kantore is netjies, skoon, die staf professioneel en vriendelik; selfs die strate om die gebou was skoon, sonder enige rommel. Die staf het 30 minute vroeer ingekom en die kantore vroeer oopgemaak. Ek en n swart prokureur, wat ‘n lid se boedel behartig, het saamgestem dat, as die hele staatsdiens soos hierdie kantoor sou werk, ons n wereldklas land sal wees. Die groot gifappel is SAID. Ons sal pensioenarisse meer mensliker moet behandel – en ek se dit nie omdat ek nou een is nie.

Terloops, ek het gehoor van n ou wat R5 by die Lotto gewen het, en is toe vertel dat daardie geld nou as n “ekstra inkomste” beskou word.

Veronika ·

sars het dit met ons transnet pensioenarisse ook gedoen!

Jon ·

I spoke to GEPF today and they say they will rectify the monthly deduction, but will not refund the extra taken off. They say we need to claim back from SARS at the end of the tax year (when filing season opens). Sad, as they ignored our submissions, our pleas and stating that we are not multiple income earners. Seems that the pensioners affected are left without any satisfactory resolution

Blikkies ·

My staatspensioen is so MIN, ek het geen ander keuse om ander werk te doen nie!!!! Ek kan nie leef en my familie met R3000.00 aan die lewe hou nie, Kry dit in julle Koppe… Mag ek nie ander werk doen omdat ek reeds R3000 by die staat kry nie. Wie het in elk geval aan die Simpel voorstel gedink!! Hoekom moet Pensionarise in elk geval nog belasting betaal. Ons het ons lewe lank vir die staat gewerk dat ons krom is. Kan ons nie in vrede rus nie Asseblief. Bleik my dit is ook ons einde soos die spoorweg Pensionarise.

Wendy ·

Betaal belasting op geld wat jy reeds belasting op betaal ht ,en jys reg Andrew hulle reels verander uurliks ,mar as hulle jou geld skuld ,gmf ,
NIEMAND kan meer op pensioen gaan, my arme man moes op 74 weer werk soek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.