Petrolprys kan weer styg

(Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

Motoriste wat petrolaangedrewe motors ry, kan hulle regmaak vir nog ʼn verhoging in die petrolprys in April.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) waarsku dat motoriste in April ʼn effense styging in petrolpryse kan verwag, gegrond op ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds (SEF).

Dié data wys wel ʼn afname in die pryse van diesel sowel as paraffien.

Volgens die AA het 2024 nie op ʼn besonderse hoë noot vir brandstofverbruikers begin nie en daarom word enige vorm van verligting verwelkom, veral as die komende Paasvakansie in gedagte gehou word.

Volgens die SEF se data sal 95-oktaan-petrol na verwagting met sowat 10c per liter styg terwyl 93-oktaan-petrol met sowat 9c per liter duurder kan word.

Die groothandelprys van diesel sal na verwagting met tussen 34c per liter en 38c per liter daal, terwyl paraffien met soveel as 47c per liter kan daal.

“Die daling in diesel- en paraffienpryse is veral goeie nuus; diesel is ʼn groot insetkoste vir landbou, mynbou en die kleinhandel, en ʼn verhoging hier kan dikwels bydra tot verhoogde pryse van basiese kommoditeite.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Piet 6 ·

Dit is so duidelik, die mense wat hier kommentaar lewer het nie ń idee hoe die brandstof pryse bereken word nie.

Papsak ·

Nee wat ek gaan my kar maar verkoop ek kan nie by bly met hierdie hoeeeeee stygende petrol pryse nie een keer bietjie af dan sommer drie vier keer agter mekaar op en op nee hel wat gaan aan net in SA so skande !!!!!

Piet parys ·

Piet 6 weet jy . Aangesien jy so slim is weet jy dit. Formules kan verander en aangepas word om die staats koffers te vul . Kyk na gemiddeldes wat die Brent en die Rand doen en wat die Anc deurvoer sodra die olieprys slegs oor die laaste paar dae styg word dit bereken asof dit die hele maand hoog was

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.