Polisie by toets tussen Springbokke en Ierland

Springbokke_vs_AllBlacks_Ellispark_Skare_GBJordaan_001-1024x683.jpg

Foto: GB Jordaan

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Donderdag bevestig hy sal Saterdag ʼn swaar teenwoordigheid by Nuweland in Kaapstad hê te midde van dreigemente dat die Springbokke se eerste toets ontwrig gaan word.

“Die SAPD en rolspelers in die veiligheid- en sekuriteitsbedryf beskou hierdie dreigemente in ʼn baie ernstige lig,” het die Wes-Kaapse polisie in ʼn verklaring gesê. “Ons het streng sekuriteitsmaatreëls in plek gestel om die byeenkoms te beveilig en die minimum of geen ontwrigting nie, te verseker.”

Maroela Media het vroeër berig die ANC-jeugliga het onderneem om nie enige Springbok-rugbywedstryde te ontwrig nie.

Die ANC-jeugliga het vroeër gedreig om rugbywedstryde te ontwrig weens ʼn gebrek aan transformasie in die sport. Die organisasie het intussen met SA Rugby vergader en is glo “tevrede met die liggaam se toewyding om die span te transformeer” en dat die span, wat Saterdag op Nuweland gaan uitdraf, “die mees getransformeerde span in die geskiedenis sal wees”.

Die polisie sal egter op volle gereedheid bly en toeskouers vir die rugbywedstryd tussen die Springbokke en Ierland, sal aan streng sekuriteitsmaatreëls moet voldoen.

“Alle toeskouers sal deursoek word, en indien hulle verbode items by hulle het, of enige item wat rassisme uitbeeld, sal hulle toegang geweier word, en moontlik onderwerp word aan strafregtelike vervolging,” het die polisie gesê.

“Toeskouers wat aggressiewe gedrag tydens die geleentheid toon, en wat weier om ag te slaan op waarskuwings, sal onmiddellik uit die stadion begelei word. Daar sal ook ʼn streng beleid wees om nie enige toeskouers toe te laat wat onder die invloed van alkohol is nie, om toeskouergeweld en/of beserings as gevolg van uitermatige alkoholgebruik, te verhoed.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Gertjie ·

Dit lyk meer of die polisie teen die toeskouers wil optree…!1

louis ·

Mense moet die toets boicot en dit op tv kyk! Dan steur jy niemand en het nie nodig om te vrees vir geweld nie…. tensy jy n kwaai vrou het! Hahahahaàà!!!

HEVW ·

Alles in hierdie land het in n hartseer tragedie verval. Die uitsien en opgewondenheid na hierdie toets is sekerlik gedemp.

jaco ·

Die ANC regering wil sportkwotas instel en die ANC wil die wedstrijd ontwrig, maar die SAPD wat deur die ANC regering beheer word, moet dir ontwrichting keer. Ek verstaan dit nie.

Tiger ·

Dit sal ‘ n heugelike dag wees as daai stadion leeg is Saterdag.In elk geval gaan daar vieslike weer oor die Kaap wees so hopelik laat dit mense wegbly.Dan kan die betogers maar betoog.Nou moet eskom net beurtkrag landwyd instel op die tyd wat die wedstyd plaasvind agv die koue weer.Sal dit nie oulik wees nie?

Jd ·

G’n wonder die goedkoopste kaartjie begin by R800 nie. Dis sodat hulle ook kan rugby kyk. Nee wat ek is jammer ek sit by my huis en rugby kyk dankie.

Grap ·

Boikot die toetse en wys vir die minister van sport wat demokrasie is.

christine ·

Dis beter by jou huis in teendeel dis beter om glad nie meer in rugby belang te stel nie. Gaan eerder die blare ophark en iets lekker maak vir die vleisie se braai lekker man. Gaan stap in die kwekery koop n melkskommel vir jou kinders. Ek wag steets vir daardie All Black span wat bitter seer gaan kry op die veld want rugby is nie n sport vir sussies nie dis kliphard.

Veritas ·

Die SAPD-lede kan maar Saterdag afvat. Die toeskouers sal die ANC jeugbende, so tussen twee happies biltong, self uitsorteer.

Leoni ·

Julle vra vir TRANFORMASIE in Rugby?? Wanneer vind daar transformasie in SOKKER plaas? Kom ons ruk op en toy toy daaroor..
Want niks vind plaas daar nie????

Dewald ·

Blankes sal net getart word by die toets om jou voet skeef te sit dan het jy moeilikheid.Nie die geld werd om na gemors te gaan kyk nie.Ek ondersteun eder die All Blacks.

uhmm ·

Hoekom kyk julle nog die sport. Dis lankal nie meer rugby nie, dis nou politiek. Kom ons gaan support mekaar eerder in kerke en kry ons kultuur weer op die been.

Rynhardt ·

EK IS BAIE TELEURGESTELD IN SA RUGBY WAT DIE POLISIE WIL ONTPLOOI VIR SATERDAG SE WEDSTRYD TUSSEN DIE “VRYHEIDSMANIFES-BOKSPAN” EN IERLAND.SA RUGBY JY MOET NET DIE KNIE BUIG VOOR DIE KLEINBAAS, DIE ANC-JEUGLIGA PLUS JY MOET HANDJIES VAT EN HANDJIES SOEN, EN SIEDAAR DIE ANC-JEUGLIGA EN SY OUBOET, DIE ANC GAAN BAIE TEVREDE MET JOU WEES.DAN HOEF JY NIE DIE OORGEWIG OOMS IN BLOU TE ONTPLOOI BY NUWELAND NIE!DIE “VRYHEIDSMANIFES-BOKSPAN” MOET OOK SY DEEL DOEN EN WEER GEELSTERRE OP HUL TRUIE DRA SOOS IN 2008, TOE HUL ANC SE ANT-RASSISME VELDTOG BEVORDER HET! SA RUGBY, SODOENDE IS ALMAL GELUKKIG IN REENBOOGLAND! DIT IS DIE WARE OPLOSSING!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.