Die polisie is op soek na die naasbestaandes van ʼn vrou wat in ʼn veld langs ʼn grondpad by Eenkantlangsplaas in Utrecht, KwaZulu-Natal, gevind is.
Die vrou, tussen 20 en 25 jaar oud, is op 12 Julie omstreeks 09:00 gevind. Sy het ʼn skietwond in haar voorkop gehad, maar het steeds geleef. Sy het egter later dieselfde dag by Madadeni-hospitaal gesterf. Sy kon nie enige inligting oor haar naam of adres bekend maak nie, aangesien sy, weens haar beserings, nie kon praat nie.
Sy het ʼn swart bostuk met “ECKO 93” daarop aangehad, ʼn blou denim, grys gordel en swart seilskoene met pienk veters. Sy het ʼn ligte vel en gevlegte hare gehad.
Die polisie in Utrecht doen ʼn beroep op enigiemand wat die vrou dalk aan haar klere kan uitken om met hulle in verbinding te tree. Enigiemand wat verdere inligting kan verskaf word versoek om ao JB Mlangeni te skakel by 034 331 2041 of 083 318 4474 of Crime Stop by 08600 10111.
Ligte vel kan kleurling vrou wees
Het daar groot geword. Hartseer om van die gevalle te lees.