Polisie soek nóg ʼn man ná gru-moord gemeenskap ruk

Tanya Wiers.

Tanya Wiers.

Die polisie in Limpopo is op soek na nog ʼn verdagte in die gru-moord op Tanya Wiers (45) van Eduanpark in Polokwane.

Wiers se seun het Dinsdag omstreeks 14:30 op sy ma se naakte liggaam afgekom toe hy van die skool af tuis gekom het. Wiers het verskeie steekwonde aan haar nek en onder die ken gehad asook verdedigingswonde aan haar hand. Haar oë is met ʼn onbekende skerp voorwerp verwyder.

ʼn 25-jarige verdagte is die aand ná die moord in hegtenis geneem. Die verdagte het na bewering in die buurt gewerk en van die items wat tydens die moord uit die huis gesteel is, is glo in sy besit gevind. Juwele, ʼn tabletrekenaar en ʼn selfoon is uit die huis gesteel. Die verdagte sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het Woensdag aan Maroela Media gesê die polisie is op soek na ʼn man wat hulle in die ondersoek na Wiers se moord kan bystaan. “Die persoon het vir die gesin gewerk en ons glo hy sal ons kan bystaan met meer inligting oor wat gebeur het.”

Inwoners van Sterpark het intussen aan Maroela Media gesê hulle leef in vrees. “Misdaad neem regtig toe hier in Pietersburg en ons is bang. Ons hoor ook al hoe meer van kapings en dan is dit net hier en daar ʼn klein nuusberig en dan is dit die volgende dag weer vergete.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

76 Kommentare

Elsa ·

Sigbare polisie..patrollie…sekuriteitsmaatskapye moet ontplooi word elke dorp voorstad en straat dadelik voordat nog n lewe geneem word

joey geyer ·

Ons land moet begin saam bid !

Wette moet weer ingestel word.

Dood straf is een !!!

Drikus ·

Dit is juis ons probleem. Gemeenskappe staan nie saam om misdaad hok te slaan nie. “Dit gebeur mos nie met ons nie.” Soos een man moet ons opruk na die hofsale en luidkeels beswaar maak teen die gruweldade van die absolute laakbare bose misdadigers. So sal die owerhede en magte agterkom dat hulle saam met ons sterker moet optree daarteen.

AL ·

Stem – ons sal ernstig opgeneem word wanneer ons optogte en hofverskynings bywoon. Dit behoort media aandag te trek.
Mense moet nie net staatmaak op buurtwagte nie – wees eerder die bemoeisieke buurvrou of man en observeer.

Linda ·

Absoluut wreed, onmenslik en grusaam. Ek het nie ordentlike mooi woorde om te sê nie!!! Uiters skokkend!

Manie ·

Glo my maar sigbare polisie werk sowela as die comunity wat die skelm eers goes m¥÷r en dan polisie toe vat. As hy nie familie het wat vir hom kan sorg in die tronk noe dan is is maar sy probleem. Dit is hoe dit hier in Mozambique werk

Johan ·

Arme kind. Hierdie wrede aanvalle moet as rasverwant ook ondersoek word.

Carel ·

Die ergste van alles is dat ons weet watter politieke party hulle mense opsteek om blankes te vermoor, dis diesefde party wat dit verkondig. Hulle sê ook dat blankes nie hier hoort nie. Hoe maklik kan dit dan wees om te weet wie is die opstekers??

Andre ·

Afriforum is besig met die beplanning van n landswye veiligheid en buurtwag sisteem. Bestaande buurtwagte kan inskakel of hulle kan jou help om n buurtwag in jou area te begin. Sluit aan by hulle en kontak hulle om te begin. Hulle werk ook saam met die Polisie.

JC ·

Dankie Andre, Afriforum is bevonk en ons Afrikaners se heil.
Nog NOOIT het enige instansie soveel beteken vir Afrikaners nie ( veral wanneer ons dit nou in ons uur van nood die nodigste het); van die Genootskap van Regte Afrikaners en daarna deur tot by vandag se tyd. Afriforum het ‘n Christelike grondslag en ek dink dit is die belangrikste faktor, sodat Afrikaners weer in nederigheid en samewerking hul oe kan keer na Jahweh!!Niemand het nog ooit gedoen vir ons Afrikaners DIT wat Afriforum besig is om te verwerklik nie. EN HULLE DOEN DIT! KYK NET NA AKADEMIA AS ‘N VOORBEELD; EN AL DIE GOEIE STORIES TE MIDDE VAN AL DIE SWAARKRY WAT MENS HOOR WAT AFRIFORUM BIED. STEUN AFRIFORUM!! Ek is seker gevalle soos die in die berig sal dan al minder voorkom indien ooit want niks straal krag en solidariteit uit soos eendragtigheid nie:-)

Genieve ·

Oh nee dis een teveel, my hart kan dit nie meer hou nie..gaan dit nooit einde kry nie.Elkedag word n moord gepleeg.Shame dai kind moes seker in n toestand gewees het.

Pietman ·

Die verdagte het in die buurt gewerk. Daar lê die probleem.

celia ·

Daar het Pietman nou die spyker op die kop!
Mense doen julle eie werk. Moet hul nie in diens neem of vertrou nie. As jy nie by alles kan uitkom nie, los dit.
Hierdie pragtige mamma vir ewig weg. Haar 3 kinders wees en sal nooit weer dieselfde wees na hierdie trauma nie! Haar lyding wat sy moes verduur!Naak en verneder! sy was seker verkrag ook! Sy t teruggeveg!
My hart skeur so vir haar en haar kinders! Jesus help asb. ons kan nie meer nie.

Gatiep ·

Pietman , jy is 100% reg. Ons wil cheap arbeid he , en kry sommer enige iemand van n straathoek om in ons tuin of huis te werk.

Dis tyd dat ons maar self in ons tuine of huise werk of SLEGS OP VERWYSINGS iemand aanstel.

Petrus ·

Julle is so reg. Vermy sover as moontlik vreemde arbeid. Tyd dat ons ‘n blanke werksspan op die been bring. Gee werkloses werk en weet wie is op jou werf. Landwyd.

Sarie ·

Tragies!!! Sy was nog sò jonk & pragtig… My hart gaan uit na àlmal wat vir haar lief was. Ek het nie meer woorde nie. Diè tipe dinge gebeur vèèls te gereeld…

cor ·

‘ n Persoon wat by die oorledene gewerk het word gesoek om polisie by te staan. Elke keer as iemand vermoor word was daar ‘n werker teenwoordig. Ek se weer los jou tuin as jy dit nie self kan doen nie moet nie iemand uit die straat huur nie, want die hand wat jy voed byt die seerste. Al kry jy die mens hoe jammer hy gaan jou nie jammer kry nie. Al word hullegevang net ‘n paar jaar en dan parool.

jean ·

So flippen hartseer……weet dat God alleen sal oordeel en vergeld…

H... ·

Ek het my kommentaar ‘n paar keer uit gevee…. ek het nie woorde nie en as ek my woede hier gaan uitbeeld mag ek dalk in die moeilikheid kom…..

Baie jammer aan die familie, en sterkte.

Moeg ·

Moet my nie stenig nie, maar ons gemeenskappe staan nie saam nie, want ons bid nie vir mekaar nie. As daar ‘n byeenkoms geroep word om te bid vir veiligheid in ons land, hoeveel sal opdaag??? Kom ons wees pro-aktief en begin nou bid. Daar waar jy sit en die kommentaar lees, buig jou hoof en bid tot die God wat jy dien, en vra Hom om veiligheid oor Suid-Afrika te bring. Ons gebede is sterker as die satan se vuurpyle wat nat ons toe kom. Wees paraad in alles wat jy doen. Kyk om jou as jy ry by die huis en as jy terugkeer. Enige papiere, bakstene, bottels, ens. voor jou huis, verwyder dit. Dit is alles tekens. Vanaand sal ons ‘n verskil kan maak in iemand se lewe om te bid vir hom/haar ook….
Dit is maar net my 5c in die bord… ek is ook moeg…

Joe ·

Sjoe …. genade …. dit is uiters skokkend , wreed & tragies …. wanneer gaan hierdie wrede misdaad ooit op hou ?? Geen mens verdien om so gemartel te word nie …. wanneer gaan die ene Zuma …. ANC …. EFF ooit ophou om sulke moorde stop te sit & wat gaan hulle aan die misdaad doen ?? Misdaad word net elke dag al hoe erger & wreder , geen mens is seker van hulle veiligheid nie …. maar ons moet toesien , lees & hoor daagliks van sulke barbaarse moorde wat onnodig is op mense wat dit nie verdien nie !!!

werkself ·

Laat gaan julle huiswerker en tuinman. Ons moet sinvol reageer op hierdie nare geweld. Skaal af. Werk self.

Anne ·

Daar is nie woorde nie, wat se mens wat al reeds gese is. Mag die Here hierdie familie bystaan in die moeilike tyd. Laat gaan hulle,die tuinier en huishulp, ek stem saam doen alles self, dis veiliger. Niemand is te vertrou nie.

Annie ·

As ek moet se wat ek wil se gaan ek verband word … nie net werkloos wees nie

Johanna Botha ·

Darem het die polisie nou n elektroniese knoppie wat mens kan druk ten tye van nood …hoop die knoppie werk dat die tiepe dinge minder gebeur.

Rosie ·

Wonder of hierdie wrede gruweldaad ooit op die nuus uitgesaai sal word. Maar nee, om n krimi eel n les te leer en hom in n doodskis te sit, is mos “baie meer nuuswaardig”!

Hannelie ·

HOEKOM SO WREED VERMOOR???? Dit is regtig nie ‘n normale mens wat so iets doen nie.

Werner ·

GOOGLE gerus plaasmoorde/farmkillings. AL die moordslagoffers lyk so, en erger. Sien is glo, die foto s is daar van die gemartelde liggame van ons mense. Lysste en lysste name. Der duisende. Hoekom? dis genocide. volksmoord. dis haat. dis demonies. dis geestelike oorlog. die wreedheid gaan by ons as beskaafdes verby. dis sedert 1994.

Karen ·

Liewe hel wat nou kyk alle wit mense word nou so dood gemaak of dit n taak is wat moet gedoen word elke dag en nag Asb ons gemeenskap moet saam staan niemand werk by my huis of tuin nie doen dit ma self dis veiliger mense sit diewerings in jul gang en jul slaap kamers en as jul groot honde het laat slaap hul in die huis ver naam ons boere

Della ·

“werkself”, jy’s reg….doen jou werk self. Ongelukkig is mense te LUI om hul eie werk te doen…en nou gaan heelwat mense allerhande verskonings uitdink om te verdedig om huis of tuinhulp te he. Baie jammer vir die dame se familie vir julle verlies.

rafel ·

Sluit aan by Afriforum mense…hulle gaan dinge laat gebeur . Hulle is doeners.

JC ·

Dankie Tertius, ek sal die woord van God gaan lees.
Nie die 1983 vertaling nie.

Odette ·

vers 22 (wilde diere van die veld)
lees mooi.Dankie Tersius en dankie MM dat ons hier met mekaar kan praat!

Elbie Fourie ·

Die afgelope paar weke was vir my baie intens dit is asof die moored en die skending van mense daagliks toeneem en ongesiens verby gaan. Dit wil vir my voorkom asof die moord op blankes al hoe meer geweldadig raak en dit die primêre doel is en net so terloops in die verbygaan so paar goedjies gesteel word. Diefstal is nie meer die hoofdoel nie maar wel moord onder die vaandel van diefstal. Onderdrukking is ook besig om teen ‘n reuse tempo toe te neem.

Elize ·

Dis baie baie erg. Ek wens daar was n oplossing. Dit moet gestop word. Daar moet n media blad geskep word waar elke dag se moorde geplaas word. Ons vergeet te gou en aanvaar dalk te maklik.

Jan maak n Plan ·

Ek dink dis hoogtyd dat die ons maar ons ou vuurwapentjie aan ons sy dra. Myne ry maar elke dag saam met my en glo my as dit op stuk van sake kom skiet ek eers en vrae dan vrae.

Selfbeskikking ·

Ek wil nie meer saam met hierdie wrede goed bly nie, ons moet begin ondergandelk vir selfbeskikking nou!

Riaan ·

Hoe gouer die witmense besef daar is “oorlog” teen ons verklaar hoe gouer sal ons as ‘n nasie saamstaan en begin terug baklei. Ons sal dit nie deur die stembus regkry nie, vergeet daarvan.

Dereck Le Roux ·

Enige kenner op die gebied van terrorisme kan jou vertel dat die doel agter sulke skok en gru moorde is om vrees, skok, woede en reaksie uit te lok, enige polisie profiler kan jou presies soortgelyke verslag gee maar dan gaan die middel nie die doel dien by hul kwaartaalikse en jaarlikse misdaadstatistieke nie anders gaan dit nie klop met normale of gewone misdaad nie soos hulle voorgeskryf word deur hul politieke kommisarisse en politieke verteenwoordigers wat die publiek wil laat glo dat dit ‘n wereldwye tendens is en nie eie aan Suid Afrika nie, ons word deur die polisie en regering en selfs NRO mislei om die leuens te glo en ons beter wakker skrik en begin ons man staan, niemand anders gaan dit vir ons doen nie.

Drikus ·

Gaan die hele gemeenskap by die hof saamtrek om soos een man hul afkeur aan die brutale afkeurenswaardige wrede moord te vertoon? Gaan ons dit hierna by elke soortgelyke hofsitting doen sodat die owerhede en selfs die wreedaards kan begin besef: Genoeg is genoeg!!

JR ·

My eerste kommentaar nie geplaas nie. Polisie verklaar dat misdaad beveg word en syfers daal!?!?!? Klink soos laat aand komedie.

Feit van saak. Die wreedaardigheid waarmee die misdaad gepleeg word, vererger by die dag. Dis om van te braak.

In RSA is daar GEEN respek vir lewe, eiendom of enige medemens nie meer nie. Om nuus te lees of kyk is baie naby aan die onstaan van post traumatiese stresversteuring. Ek kan my nie indink wat hoe die arme kind geskaad is vir res van lewe nie. Mag God hom/haar genadig wees.

Word wakker leiers agter koelvaste glas en omring deur lyfwagte. As julle afkyk begin die bloed van die nasis onder julle voete in loop, TUSSEN die lyfwagte deur….

JR

Monica ·

Ek wens ek het in enige ander land as Suid Afrika gewoon. Dit is erg om sulke nuus te lees elke dag. Ek weet geen land is veilig nie maar om elke dag vir jou dood, verkragting en verminking te wag raak net te veel!

Cecilia ·

Ja Monica, en elke berig traumatiseer mens. Ons het reeds post traumatiese stres.

PMB ·

Ek het nie woorde om myself uit te druk nie. Moes my skrywe al 3 keer uitvee. Dit is tyd dat die leierskap van ons land aangekla word vir moord. Want dit is deur hulle optrede dat hierdie boewe dink hulle kan weg kom met moord. Kla hulle aan. Waar is die regs kenners?

lynn ·

Mag God by die gesin en familie wees, veral met boetie wat op mamma afgekom het. My hart gaan uit na julle. Heer vat elkeen van hulle en vou hulle toe in U skoot plaas ook U Engle by hulle. Mag daar versrikking in die verdagtes en stookers se lewens kom en hulle in hul spore dood neerval!!!!!!!!!!!!!!

vermeende ·

Dit gaan my verstand tebowe hoe lui en gemaklik on blankes geword het.

Wat die oog nie kan sien nie wil die hart ook nie he nie, raak ontslaa van al jou vreemde werkers en maak agter jou eie g@t skoon en stedelike moode sal afneem.
As jy n hulp het wat al deel van die gesin is doe dan die regte ding en betaal haar n skeidingspakket en sit sommer n klokkie by jou heg op sodat niemand nodig het om in jou erf te kom nie, onthou net alle huismoorde begin by toegang, stop hom by die hek.

Ek hoop al haar mense kan vrede vind en sterkte aan hulle.

Celia van Kaapstad. ·

Maroela. Ons is in alle opsigte so verdruk en getraumatiseer,ons het nerens n uitlaatklep nie. Dankie dat julle ons mense n geleentheid bied om ons gevoelens te kan deel met mekaar. Ek wil graag vra lees almal die Bybelgedeeltes soos aangedui deur Tertius hierbo. Dit het my geruk.

Dan ·

Ek lees die “oplossings” wat mense hier voorstel – die meeste daarvan is baie naief en lagwekkend. Mense julle kan maar hierdie kant toe en daardie kant toe, daar is net een oplossing: keer terug na God! Los julle afgode soos geld, plesier en sport. Die Israeliete het hierdie selfde dinge deurgemaak en nog baie erger dinge ook, omrede hul afgode gedien het. Dinge raak al hoe erger soos julle daagliks sien. Maak julle oë oop!

Koos ·

Dis jou storie

Ek sal eerder net op my eie my wens vervul as om op enige mede afrikaner staat te maak. Die oomblik wat hy n nare droom kry verkla hy jou…die afrikaner

Koos ·

Regs kenners asb, staan saam en begin met n aksie sodat ons saam kan staan en sekere persone wereld hof toe sleep. Hierdie is volksmoord!

Oom Johan Willemse ·

Lees mens die kommetare dan kom die gedagte van “Keer terug na God” gereeld voor. Nogtans bly die kerkbesoek kommerwekkend. Ons as Volk onderhou nie meer ons Volksgeloftes nie. Op 6 April sal ons sien wie kom na die Geloftefeessaal om Van Riebeeck se gelofte van 1654 te eerbiedig. So kyk ons Sondae na halflee kerkgeboue. Lippediens.

Daar is die wat Afriforum ophemel asof die Organisasie alle probleme kan oplos. Twak. Dis ‘n sinvolle organisasie om te steun, maar so is daar vele ander ook. Meeste kry net nie die duur blootstelling nie.

Selfwerksaamheid is al jare lank verkondig, maar kom jy by ‘n hiis dan word vertel hoe goeie werker is daar, jare reeds by die familie. Ja, en so ken hulle die huis, sekuriteit, kluise en alles. Moet nie dink na jare se werk sal die lady nie detail-inligting oordra as dit gevra word nie. Ubuntu is ‘n filosofie waarop alle swart kulture gevestig is: Vir die Mens deur die Mens. Hier word mens slegs geag swart mense te wees. Voorvaderverering is deel daarvan. Moet dit nie onderskat nie.

Of ons mense in groot getalle, soos swartes, die hofsake sal bywoon. Ek twyfel.

Carien ·

Oom Johan Willemse, Geloftedag is 16 Desember. Ons het nog nooit vir iets wat Jan van Riebeeck gedoen het kerk toe gegaan nie. Andries Pretorius en n paar Voortrekkers het die gelofte voor die Here afgelê.

Neilia ·

Die vrou het elke middag langs my by laërskool gestaan laas in 2015 sy was altyd vriendelik en pynlik netjies. Nooit n slegte woord gehad . Dis hartseer die dorp waar ek veilig gevoel het is besig om te druk. Ek is so so jammer vir haar kind wat op daai skokkende wyse van sy moeder moes afskeid neem. Ek bid vir hom vir krag . Wil nie eers uitbrei oor daai monster wat dit aan haar gedoen het nie ek sal verban word . Al wat ek kan se is bly sterk seuna jy het n hele stad agter jou.

Hannes ·

Hoekom nie arm blanke mense in diens neem vir huishulp en tuinhulp nie? Dit sal progressief wees om die volk te laat saamstaan.

SNEL ·

Dis so erg wat hier gebeur het, mens het nie woorde vir die gesin nie. So wreed, hoekom, dood is tog dood, hoekom so wreed. Die arme kind wat op dit afgekom het, n gesin in rou gedompel. Ons ken jul vrou en mamma nie eers nie, maar ons voel ook stukkend dat so iets met ons volk se mense se vrou en mamma moes gebeur. Ek kyk op na die berge, waar sal my hulp vandaan kom, my hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het….mag jul in Hom krag kry om hierdeur te kom.

Ek vra net, is dit hul tuinwerker of iemand anderste sin of is dit iemand anderste sin en hulle sin saam, want was daar ingebreek of hoe het hy/hulle toegang gekry. Ek stem met die klomp wat sê ons moet ons eie werk doen, laat die hele spul loop. Dis tyd dat dit meer oor die geselskap en samesyn gaan as oor hoe skoon die huis is en hoe mooi dit tuin is. Kyk oor die stof en bossies. Hou op om ander te oordeel oor hoe stowwerig alles is. Eerder stof as moeilikheid.

Ilse ·

Die is vreeslik mag sy sag rus en alle sterkte vir haar gesin. Hannes ek stem saam met jou ek dink dit sal al klaar baie help. Ons is almal bang ek bly in Rustenburg en hier is dit net so erg. Mens moet agter toe deure en trallies sit die heel tyd. Watter lewe is dit???? Waar is ons Vryheid heen????

Anoniem ·

Ilse, jy vra waar is ons Vryheid heen, gaan vra dit vir F W de Klerk.

danie ·

Misdaad is groot in ons land omdat dit n ekonomie geword het, en soos enige ander ekonomie moet dit aan die gang gehou word. Meeste van die misdaad is oppertunisties, en min of geen beplanning is aan die orde van die daad. Anders as wat baie mense dink, is misdaad nie gekoppel aan die kleur van jou vel nie maar wel aan hoe goed jy beskerm is. As misdaad more stop gesit word, kan julle dink hoeveel mense gaan sonder werk sit. Dit sal weer self n ander probleem veroorsaak. Op die oomblik moet jy net seker maak jy beskerm jou self en dit mag dalk ongevoelig klink, maar jy hoef jou self net n bietjie beter te beskerm as die ou langs jou.

Johann ·

Gemeenskap, gemeenskap, dis al wat ‘n mense lees.
Wat van ons belasting geld? Ja, ons weet waarheen gaan dit.
Mense, ek is ‘n groot ondersteuner van immigrasie.
Oorweeg dit

Sonlig ·

Ja dankie vir Moeg en die soortgelyke kommentare. Ons is almal ewe moeg vir die gemors wat aangaan in ons land. Ons moet terug na God en net Hy kan bonatuurlik ingryp. Waak en bid staan in die Woord en ons moet onsself beveilig en wakker loop en VERAL bly bid.. ons mense moet vir mekaar bid en op ons aangesig voor God bly
Dankbaar vir afriforum en ander wie belange vd land en mense dra
Maar definitief bid bid en bid!! Hierdie dinge is skokkend verby en my hart ook stukkend. Los die onderlangse getwis en fokus op wat regtig nou krities is. Vergewe my en praat net uit my hart.

Ken ·

Die belangrikste punt word gemis. Moor, verkragting, diefstal etc sal als vererger in SA…. Die enigste manier om verandering te bring is as daar ware nagevolge van hierdie dade is. Dit in die vorm van die doodstraf. Kyk na Saudi Arabie, Singapore, Botswana, Qatar, Indie en ander…. Van die veiligste lande ter wereld en een “common denominator” is dat hul almal nog doodstraf het. Selfs van die “arm” lande wat doodstraf het is veilig. So jammer om te se, met al die veiligheidsmaatskappye, buurt betrokkenheid etc sal NIKS verander tot SA nie weer ware nagevolge vir misdadigers het nie….. Sorry to say.

Ken ·

Ek stem saam met van die vorige kommentaar. Ongelukkig is dit so dat ons almal ly onder die feit dat doodstraf afgeskaf is. Oor die wereld heen is dit bewys dat dit nog steeds die enigste manier is om misdaad grootskaals af te bring. Saudi Arabie, Botswana, Qatar, Indie, Singapore en daars nog….. Of jy nou Bybel lees of nie, selfs daar is ingeskryf dat iemand wat moor moet self tot die dood veroordeel word…. Ons gemeenskappe in baie lande is so dat ons dit nie toepas nie, en wel, dan moet mens maar weet misdaad gaan vererger soos tans die situasie. Mense se vermoe om nie te reageer op geweldsmisdadigers nie is die probleem…

Edward ·

Jaag die misdaad uit jou huis en jou grond. Ek en my vrou werk al 40 jaar sonder bediendes. Ons maak self huis skoon en doen die tuin (groot tuin).

magda ·

Ja Edward ek is ook al diep in my 50jare en doen ook al my huiswerk en ook my tuin (nou nie baie groot nie) maar groot genoeg vir my alleen – sal niemand ooit weer in diens by my neem nie – jammer Gee ook geen geld by enige robot of stil staan plek nie – gee my donasies vir my kerk en help graag by oumensies by die oue te huis.uit en gee daar ook wat ek kan bekostig.

ANNE-MARIE ·

GENOEG IS NOU GENOEG !!!!
TOT HIERTOE EN NIE VERDER NIE…
HOE MOET ‘N MENS AS MENS VERSTAAN…DIT KAN MOS NIE GOD SE WIL WEES NIE EN HOEKOM LAAT HY DIT TOE…DAAR IS DRIE KLEIN KINDERTJIES WAT OOK AGTERBLY EN WAT DAARVAN?
EK IS IN STRYD GEWIKKEL…EK IS VERSLAE EN VERSTAAN NIKS MEER NIE EN MAAK NIE MEER SIN UIT DIE LEWE NIE…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.