Polisie trek bendeleier vas

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

’n Bendeleier wat deur die polisie gesoek word en sy ses makkers wat glo huise, skole en sakeondernemings in Mmametlhake, Mpumalanga, beroof het, is Woensdag vasgetrek.

Tesame met verskeie duur huishoudelike items is die karkas van ʼn hiëna ook in die huis gevind.

Volgens brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het die polisie op die 45-jarige bendeleier se huis in die nedersetting toegeslaan en die sewe in hegtenis geneem. Die bendeleier het agter ’n kas vir die polisie weggekruip.

“Die verdagtes, tussen die ouderdom van 28 en 48 jaar oud, het volgens polisie se inligting skole, huise en sakeondernemings van buitelandse burgers geteiken,” bevestig Mohlala.

Gesteelde goedere ter waarde van R150 000, waaronder vyf verskillende soorte huishoudelike elektroniese toestelle, drie musiekstelsels, sewe skootrekenaars, slypmasjiene en agt patrone is in die huis gevind.

’n Karkas van ’n hiëna is ook gevind.

“Die polisie het ook vier uniforms van ’n veiligheidmaatskappy in die huis aangetref. Die bendeleier het glo in die verlede by dié maatskappy gewerk.”

Die verdagtes sal na verwagting Donderdag in die landdroshof op Mbibana verskyn op aanklag van vermoedelik gesteelde eiendom en die besit van ammunisie.

“Meer aanklagte kan moontlik bygevoeg word rakende die karkas van die hiëna wat in die verdagtes se besit gevind is.”

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, het die inhegtenisnemings verwelkom.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

miche ·

Op 45 jaar is hy ‘n bendeleier buite die tronk. Ek sidder om te dink wat hierdie man binne die tronk Kan vermag…

Shakespeare ·

SAP trek bendeleier vas……… met nog SAP onbevoegdheid en korrupsie sal die bende leier vry wees voordat jy kan sê “mes”.

Jack ·

Wat nog. Die renoster was seker te groot om in die huis te hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.