Polisiebeampte in Mpu doodgesteek

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: SAPD/Facebook)

’n 57-jarige adjudant‑offisier van KwaMhlanga in Mpumalanga is Dinsdagaand doodgesteek kort nadat hy by vriende in die Msholozi-gebied gekuier het.

’n Soektog is van stapel gestuur om die skuldige(s) vas te trek.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê ao. Jan Msiza het omstreeks 20:15 na sy huis teruggekeer. Sy vriende het hom vergesel en was na bewering weer op pad huis toe toe hulle Msiza om hulp hoor roep het.

“Hulle was geskok om Msiza met twee steekwonde aan sy bors aan te tref. Hy het glo aan sy vriende gesê dat twee mans hom aangeval het,” het Mohlala gesê.

Msiza is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar. Hy was 32 jaar aan die SAPD verbonde.

Die polisie versoek enigeen met inligting om kol. Alex Mhlahlane by 082 318 9865 te kontak.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiekommissaris, sê ’n aanval op ’n polisiebeampte is ’n direkte aanval op die staat.

“’n Span speurders sal die voorval ondersoek en verseker dat die skuldiges aan die pen ry.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Shakespeare ·

Afrika se nasionale sport…..moor en plunder. Sal nooit verander nie.

Elize ·

Direkte aanval op die staat seg hulle. Dit is dan hierdie gemors staat wat ons het waar ons is.

Danie ·

Ek weet van n polisieman wat uit n tavern gevlug het en voor n polisiestasie se deur doodgesteek is met n mes.Dit wys net daar geen vrees of respek vir gesag of die regstelsel.Dit is aan die orde van die dag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.