Polisieman, nog drie vas ná gefnuikte rooftog

Die vuurwapens waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Die vuurwapens waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Die Bloemfonteinse blitspatrollie het vier mans in hegtenis geneem nadat hulle Sondag ʼn rooftog gefnuik het.

Konst. Maselela Langa, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes het inligting opgevolg dat vier mans ʼn rooftog in die stad beplan het. “Die verdagtes is op die N8 voorgekeer en daar is op twee vuurwapens, polisiereflekteerbaadjies en balaklawas beslag gelê.”

Volgens Langa het die verdagtes met ʼn goudkleurige Toyota RunX gery en is een van die verdagtes ʼn polisiekonstabel. Die vier verdagtes, tussen 30 en 35 jaar oud, sal binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklagte van sameswering om ʼn misdaad te pleeg en die besit van ongelisensieerde vuurwapens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Edward ·

Hierdie stories van polisie lede wat betrokke is by misdaad en korrupte verkeerspolisie lede is amper daagliks in die nuus. Hoe moet ons die reg vertrou? Hoe moet ek vir my vrou sê om te stop as ‘n polisieman haar beveel? Hoe moet ek my kinders leer om die polisie te vertrou en gehoorsaam?

Ek kan nie!

Lance ·

Die polisie is vrot en pateties ..dwing nie respek af nie …hulle is dan self diewe soos ons byna nou op n weeklikse basis van lees in die media

poot ·

Lance
En wat van die polisie manne wat hierdie kriminele elemente binne in die organisasie vaskeer. Is hulle net so pateties? Dink 2 keer vorr jy veralgemeen

Kleintjie ·

Ja en dan word ‘n mens gedwing in die aanklagkantoor om Engels te praat. Hulle bedien mos die publiek. Is hulle dan nie veronderstel om Afrikaans magtig te wees nie. Ek sê nie dat hulle elke taal moet magtig wees nie, maar heng Afrikaans, veral in die deel van die land waar ek woon, moet tog sekerlik darem net VERSTAAN kan word. Dan sê hierdie beampte nog hy het hier in dieselfde dorp waar ek is grootgeword. SKANDELIK en ARROGANT!!!!!!

Joann ·

Mens kan nie die prez vertrou nie hoe kan mens sy onderdane vertrou?

Popeye ·

Die swaard moet harder val tydens vonnisoplegging vir sulke polisie-kriminele. Uiteraard kom so persoon se aksie van kriminaliteit neer op hoogverraad.

Willie ·

Die grootste probleem is, n regte polisieman word so gebore. Dis nie vir geld, dis vir die saak. Dieselfde met n verpleegster en onderwyser. Dis n roeping, om mense te dien, versorg, te leer en beskerm. Vir die ANC was dit aanstellins om van sekere mindere grpoepe onslae te raak.. en om die monderegroepe terug te kry vir ontreg… Sodoende vrot die vis van die kop af

poot ·

Wel gestel Willie. Ek is al 31 jaar in SAPS en sak my kop in skaamte as ek van sulke gevalle daagliks hoor. Dis net jammer al die suksesse van die eerlike polisie man kry nie die media bloodstelling wat dit toekom nie. Mense sal dalk dan nie so veralgemeen nie.

apie ·

Dis sooo jammer dat hierdie vrot appels die polisie se naam so deur die modder sleep. Alle polisielede is nie sleg nie. Welgedaan Bloemfontein polisie.

Louwrita van Blerk ·

In ons geval was dit ‘n Polisiehoof se twee seuns die aanranders op ons seun wat na 37 dae oorlede is – pateties hulle kon staatsgetuies word in die hofsaak en het skotvry daarvan afgekom – so LYK DIT AS JOU PA ‘N POLISIEHOOF IS ! GOD SLAAP NIE !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.