Polisieman vang vierde baba

AO. Roderick Middelkamp (Foto: Verskaf)

’n Polisiebeampte van die Oos-Kaap moes sy lyf vandeesweek vir die vierde keer vroedvrou hou toe hy noodgedwonge weer met ’n bevalling moes help.

Roderick Middelkamp, verbonde aan die polisiestasie in Despatch, was Dinsdag in die vroeë oggendure besig met patrollie toe ’n gemeenskapslid hom omstreeks 04:20 ontbied het om ’n vrou in kraam by haar huis by te staan.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê Middelkamp (50) het hom sonder om te huiwer na die huis in Goosenstraat gehaas. Die 31-jarige vrou was met sy aankoms reeds in ’n gevorderde stadium van kraam.

“Middelkamp het kalm gebly en die ma verseker dat alles goed sou verloop.”

Die ma het vyf minute later die lewe aan ’n gesonde babadogtertjie geskenk.

“Teen die tyd dat die ambulans opgedaag het, was ma en baba albei piekfyn,” vertel Beetge.

Dit is die vierde dogtertjie met wie se geboorte Middelkamp – ’n polisiebeampte met 30 jaar se ervaring – hand moes bysit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Marius ·

‘n Poliesieman van formaat. Knap gedaan. Mag die res sy voorbeeld volg.

Swerwer ·

Pragtig! Om te dink daar is nog persone wat die goed in die lewe uitbring en deel.

Nie Verbaas ·

Regtig verheug om te sien dat die polisie nog iets kan vang maar wel gedaan vir die man.

JohanR ·

Die man doen beter werk as Bheki Cele. Miskien moet hy die nuwe minister word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.