Polisieman vas oor gesteelde voertuig

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn KwaZulu-Natalse polisiebeampte is geskiet en gewond nadat daar glo ʼn gesteelde voertuig in sy besit gevind is.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn motoropsporingsmaatskappy het die gesteelde voertuig Vrydag nagespoor en dit gevolg tot in Verulam buite Durban.

“Die voertuig is van die pad af getrek en werknemers van die opsporingsmaatskappy het die bestuurder gekonfronteer. Die polisiebeampte het glo sy vuurwapen op die werknemers gerig waarna hulle op hom losgebrand het,” het Naicker gesê.

Die polisiebeampte is twee keer in die skouer geskiet. Hy is onder polisiebewaking in die hospitaal opgeneem. “Sy vuurwapen en die Toyota Hilux-bakkie waarmee hy gery het, is op beslag gelê.” Hy sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.