Polisieman verkrag glo verdagte

(Argieffoto)

ʼn Polisieman van Nyanga in die Wes-Kaap is geskors nadat hy glo ʼn verdagte in ʼn polisievangwa verkrag het. Die man is in hegtenis geneem omdat hy van winkeldiefstal verdink word.

Volgens brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, is die 31-jarige polisiekonstabel in hegtenis geneem en geskors na afloop van ʼn ondersoek na die beweerde verkragting. Die ondersoek is deur die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) behartig.

“Weens die erns van die aantygings wat teen die konstabel gemaak is, is ’n spoedige interne dissiplinêre proses begin oor die geskiktheid van die lid om in die polisiediens te wees,” sê Potelwa.

Lt.genl. Thembisile Patekile, die provinsiale polisiekommissaris in die Wes-Kaap, beskou die aantygings teen die konstabel in ʼn ernstige lig.

“Dit is voorvalle soos hierdie wat die verhouding tussen die polisie en gemeenskappe nadelig beïnvloed. Dit is hoekom dit van kardinale belang is dat Opod agter die kap van die byl kom. Daar word van die polisie verwag om beskermers van gemeenskappe te wees,” het Patekile gesê.

Die voorsitter van die portefeuljekomitee oor polisie, Tina Joemat-Pettersson, het die skorsing van die konstabel verwelkom. Sy sê die konstabel moet vervolg word om ’n voorbeeld te stel aan ander polisiebeamptes wat tot soortgelyke misdrywe neig.

“Hoewel ons glad nie die interne proses wil beïnvloed nie, het die komitee sedert sy ontstaan hom sterk uitgespreek teen die misbruik van mag en gesag deur die einste mense wat veronderstel is om die wet toe te pas. Die polisielede is nie die wet nie. Hulle moet die wet afdwing en is ook onderworpe aan die wet,” het Joemat-Pettersson gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Marius ·

Dit is tragies as jy die wat jou moet beskerm vrees. Ek hou van die polisie Kommissaris se opmerkings en benadering. Mag Reg geskied.

Shakespeare ·

Net geskors ??? Hy is n verdomde kader krimineel en moet tronk toe maar aan die ander kant hoort baie SAP lede in die tronk.

Pieter ·

So dit is ‘n polisiebeampte wat die verdagte (‘n man) verkrag het…? “Die man is in hegtenis geneem omdat hy van winkeldiefstal vermoed word”

Zombie ·

Pieter, jy verstaan die inligting soos in die berig aangedui.

madels ·

Is dit nie verskriklik nie! Wys nou net hoe walglik sommige polisie manne is. Hierdie dief se lewe sal nooit ooit weer dieselfde wees om te dink hy is verkrag en dit nog deur na man nie. Hoe walglik!

Frikkels ·

100% dat hy vervolg word. Maar hulle praat van mags misbruik. Daar moet voorbeelde gemaak word van die hoër range en die topbestuur wat hulle skuldig maak aan magsvergrype. Dis maklik om ñ konstabel te vervolg. Hoe hoër die rang hoe meer onwaarskynlik is dit dat daar opgetree sal word teen hulle.

Swerwer ·

Gril ek nou. Hoe op aarde word daar verwag dat respek teenoor die SAP lede betoon moet word as sulke dade gepleeg word.

pdbpta ·

Ek sou ten minste 15+ jare tronkstraf vir verkagting en misbruik van gesag verwag. Waar is sogenaamde gelykheid voor die Reg??

bobmartin ·

So verloor die publiek hul vetroue in die polisie. Dit lyk vir my meer of misdadigers in polisie uniforms chaos veroorsaak. Amper ironies om te se misdadiger in uniform arresteer misdadiger.

Wielspore ·

Siekte onder party lede van SAPS, fisiese aanranding, seksuele aanranding, rassisme, bedrog, diefstal ens.

Misky ·

So hy is geskors uit polisie, maar hy is steeds ‘n verkragter uit op vrye voet. Hoekom word hy nie aangekla en tronk toe nie? Ander verkragters kry tronkstraf en word nie net afgedank nie. Wat nou?

Kokerboom ·

Sedert SAP alle standaarde oorboord gegooi het en alle krummels aanstel is dit nag. Die enkele goeie amptenary ly daaronder. Met so ‘n topstruktuur kan jy hul egter nie kwalik neem!!

Erika ·

En hulle wonder hoekom ons nie huidige Polisie vertrou nie Tsk..

Papsak ·

Moenie skors nie raak onslae van hom ek dink niks van hulle nie en nog minder het ek respekte vir hulle klomp patete !!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.