Poskantoor sluit ooreenkoms vir afgeleë SA’ners

(Argieffoto)

Die Poskantoor het ’n ooreenkoms met Mail Americas gesluit wat aanlyn winkels beter toegang tot Suidelike Afrika, waaronder afgeleë en landelike gebiede, sal bied.

Die ooreenkoms is van vandag (Dinsdag) af van krag en behels dat die Poskantoor die afleweringswerk vir kliënte van Mail Americas in Suid-Afrika en die subkontinent sal doen.

Mail America is ’n e-handelplatform wat daarin spesialiseer om posbedieners en aanlyn ondernemings te help om sake oor internasionale grense te doen. Die organisasie fokus daarop om ondernemings in Noord-Amerika met kliënte in Latyns-Amerika en Afrika in verbinding te plaas.

Johan Kruger, woordvoerder van die Poskantoor, sê die ooreenkoms hou vir aanlyn kopers ’n groter keuse, billiker afleweringskoste en vinniger en eenvoudiger doeaneklaring in.

Kruger sê die Covid-19-pandemie het daartoe gelei dat Suidelike Afrika die skuif na e-handel gemaak het.

Volgens Kruger kan die Poskantoor met 1 500 takke oor die hele land nou vir Suid-Afrikaners landwyd toegang tot e-handel bied. Dit sluit mense wat buite stede woon ook in.

“Suid-Afrika verskaf toegang vir lugvrag vir die hele subkontinent. Die poskantoor het ’n sorteersentrum by die Internasionale Lughawe OR Tambo wat as toegangspunt vir pos na die hele Suidelike Afrika dien. Dit maak die Poskantoor ’n vanselfsprekende keuse om Mail Americas toegang tot Suidelike Afrika te bied.”

Agterstand geniet aandag

Nomkhita Mona, bestuurshoof van die Poskantoor, sê hul doel is nou om Suid-Afrikaners die diens te gee wat hulle verdien.

Om dit te laat gebeur, het die Poskantoor intern ’n veldtog van stapel gestuur om seker te maak kliënte kry hul pakkies so vinnig moontlik.

Kruger sê voorts verskeie pakkiebesendings van die internasionale e-winkel Wish.com het reeds in Suid-Afrika aangekom nadat die Poskantoor ’n ooreenkoms met Wish.com aangegaan het. Die eerste besending pakkies is reeds afgehaal.

Poskantore en sorteersentrums aan die einde van die afleweringsketting is nou ook sonder agterstand en daar is goeie vordering gemaak om die agterstand weg te werk in die sorteersentrums van aankoms.

Poskantoorbestuurders het die afgelope naweek vrywillig in die internasionale sorteersentrums gewerk om die pakkies te sorteer terwyl posbodes en posmeesters in die omgewing van Tembisa ook vrywillig gewerk het om studiemateriaal by studente afgelewer te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Hennie ·

Haaaaaaa hahaha haaaa hahaha hahaha hoe snaaks! Die klomp ANC slakke dink seker ons is penosel!

Realis Thailand ·

Voor ek nou liries gaan raak oor die nuwe poskentoor
Ek het nou die dag vier poskaart grote fotos wt ek gedruk het na sa gestuur na my dogter
Dit het 5 maande geneem om daar uit te kom en toe moes sy R28 belasting betaal vir invoerkoste en toe sy vra waarom is daar vir haar gese sy moet na SARS navraag rig
Verder het balonne daar aangekom helfte weg na nege maande

KB ·

Dis altyd iemand/iets anders se skuld…nooit my eie vrotsigheid nie.

TheSnake ·

Dis nou oulik! Dink net hoe interesant die pakkies van oorsee af kan wees vir die poskantoor werkers. ‘n Pakkie na die buurdorp vat maande, net omdat daar niks ouliks in die pakkie was nie, anders het dit ook nie sy bestemming bereik nie.

Samuel ·

Het Suid-Afrika nog ‘n posdiens? Die ANC kan geen diens lewer wat SA’ners verdien nie.

AmY ·

So ek gaan drie maande plus wag vir my pakkie wat ek binne twee dae sou kry?

annie ·

Wow, wishful thinking… Nou gaan dit eers lekker wees om jou geliefde poskantoor te besoek. Gaan Sassa’s en motorlisiensies nou deur winkels se sigarettoonbanke of drankwinkels hanteer word?

Suzette ·

Kan jy nou meer – hulle kan nie eens plaaslik funksioneer nie …..

Nie Verbaas ·

Wish en poskantoor. Ek het items wat deur Wish in 2019 bestel is eers in November 2020 en April 2021 ontvang. Laaste item het ek eers van gehoor toe ek sms kry om te se dat item terug gestuur gaan word as ek dit nie kom afhaal nie. As bestuurders moet pakkies sorteer dan het poskantoor groot probleme.

Realis Thailand ·

Ek het nou n vinnige aflewerings diens gekry na SA
Ek moet n koevert Potchestroom to stuur
Ek stuur dit na Nederland die dame se dogter en sy neem dit vir haar ma in Potch
Dis n snel diens van sewe dae

Johan ·

Kerskaartjie vir VERLEDE JAAR in Kaapstad gepos het middel Mei in Pretoria aangekom! Dan wil hulle in Afrika is?! Ai!!

marius ·

Julle is te vrot sleg om iets self reg te doen . NIEMAND gaan in jul pateiese rye staan nie . Julle het nie eers ‘n geleende winkel trollie om af te lewer nie .

Misky ·

Mona sê hulle wil SA’ners “nou” die diens gee wat hulle verdien….. het ons dit dan nie voorheen verdien nie en hoekom nou eers? En ons sal dit glo as ons dit sien en wat julle blykbaar gaan doen

Sarel ·

Ly julle personeel op in Klientediens. 08h00 is oopmask tyd nie Koffie_/ Tee en ontbyt nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.