Die Noordwes-premier, Supra Mahumapelo, het vandag saam met sy dogter Basetsana, ʼn draai op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit gemaak om haar by dié universiteit in te skryf.
Basetsana gaan BCom Regte studeer. “Ek wil my droom navolg om ʼn regsadviseur en prokureur te word,” het Basetsana Dinsdag aan Maroela Media gesê. Volgens haar het sy dié kampus gekies omdat sy hou van die Potchefstroom-omgewing. “Pretoria is nie so lekker omgewing nie, omdat dit te besig is en ek dink ek kan goed doen in my akademie as ek hier is.”
Haar pa vertel hulle hoofsaaklik weens drie redes op die NWU se Potchefstroomkampus besluit het. “Eerstens is dit gebaseer in die Noordwes-provinsie; tweedens word dit beskou as een van die beste universiteite in die land en Afrika-kontinent; en derdens is ons lief vir die plek,” het hy verduidelik.
Volgens Mahumapelo is dit belangrik om tyd te maak vir kinders te opvoeding. “Ek was daar vir haar deur al die jare. Dit is goed om tyd opsy te sit om vandag saam met haar hier te wees, want deur die jaar kry ons nie die geleentheid om meer tyd met mekaar te spandeer nie weens my besige skedule. Dit is belangrik vir ouers om tyd te maak om aandag te gee aan ons kinders se onderrig; dit is belangrik vir hulle motivering en belangrik vir hulle om te weet dat hulle die ondersteuning van hulle ouers het.
Dit is nou nuus
Piet… ja wragtig! Ek sou baie sleg gevoel het as ek DIT nou nie geweet het nie! : )
Presies, wie gee om of sy maan toe gaan??
So?
So what!!?… Nou wat maak dit nou van haar?
geen nuus is goeie nuus,
En??