Pta-dieretuin verwelkom kameelperdkalf

Gio is die tweede kameelperdkalf wat in die afgelope 19 maande in die dieretuin gebore is (Foto: Verskaf)

Die Pretoriase dieretuin is breëbors van trots oor die nuwe suidelike kameelperdkalf wat verlede week sy opwagting gemaak het.

Dit is die tweede kameelperdkalf wat in die afgelope 19 maande in dié dieretuin gebore is.

Volgens Marcel Singh, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Instituut vir Biodiversiteit (Sanbi), is baba Gio verlede Maandag in die lewe gebring. Hy en sy ma, Momosa, is albei gesond en lewenslustig.

Gio soog goed aan sy ma (Foto: Verskaf)

Hoewel Momosa haar eerste baba – Gio se ouer broer, Tiego – nie self kon voed nie, het sy geen voedingsprobleme met Gio nie.

“Hierdie keer het Momosa Gio aanvaar en die kalf soog goed,” sê Singh.

Die dieretuin was genoop om Tiego met die hand groot te maak. Hy is in September 2020 gebore en is saam met Momosa, pa Bonita en klein Gio in ’n kamp.

Gio se geslag moet nog bepaal word.

Volgens die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur (IUCN) word kameelperde as ’n kwesbare spesie op die IUCN se Rooilys van Bedreigde Spesies gelys.

Suidelike kameelperde word in savanne- en bosveldgebiede van noordelike Suid-Afrika, Angola, suidelike Botswana, suidelike Zimbabwe, Zambië en suidwestelike Mosambiek aangetref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Marius ·

Die knapie sou baie beter af gewees het in die wildtuin…

Piet 6 ·

Stem saam met jou. Die arme dier moet nou die res van sy lewe in ń hok sit.

Genis ·

Het julle gesien in hoe n haaglikke toestand is die dieretuin? MM moet dalk daar gaan foto’s neem….

Johan ·

Daat is elke derde Saterdag van maand pretstap by dieretuin kos R60.00 woon dit by en help die dieretuin

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.