ʼn Studenteraadslid van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus is tydelik van pligte onthef, hangende die uitkoms van ‘n ondersoek en/of dissiplinêre verhoor na ʼn beweerde voorval van winkeldiefstal.
Volgens ʼn verklaring wat die SR uitgereik het, het die voorval het vroeër vandeesweek in die kampus se studentekafeteria plaasgevind.
Die betrokke student se naam word weerhou tot die ondersoek afgehandel is, maar die SR het bevestig die lid gee volle samewerking in die proses.
Die Universiteit is tans besig met ʼn interne ondersoek.
Mense, weet julle hoe duur goed by hierdie kafeteria is!
ontgroeningtyd…… hello?
As jy steel moet jy gaan so simpel soos dit !
Honger is ‘n lelike ding
Het die persoon kos gesteel of lekkernye of ń ander item?
Steel is steel.
Kan iemand wat die universiteit se kafeteria ken dalk vir ons inlig wat iemand daar kan steel ? Is al die eetgoed en drinkgoed nie agter n toonbank nie ?