Skade van meer as R200 000 is aangerig en talle huishoudings sal etlike dae sonder elektrisiteit moet klaarkom nadat onwettige kragverbindings ʼn reusekragonderbreking suidwes van Pretoria veroorsaak het.
Lindela Mashigo, direkteur van mediaverhoudinge vir Stad Tshwane, sê in ʼn verklaring ʼn oorlaaide kragnetwerk in Itireleng het daartoe gelei dat agt transformators in die gebied uitgebrand het. “Die kragonderbreking raak verskeie informele nedersettings en word toegeskryf aan die onwettige elektrisiteitsverbindings in die gebied,” sê Mashigo.
Volgens Mashigo sal dit na raming sowat R200 000 kos om die agt transformators te vervang, uitsluitend die installeringskoste. Na verwagting sal kragtoevoer in die gebied eers in die komende week herstel wees.
“Die skade aan die kragnetwerk is ernstig en uitgebreid,” sê hy. “Alle kragpunte moet vir tyd en wyl versigtig hanteer word.”
Mashigo sê die bestuur van Streek 4 beplan ʼn operasie wat in die teenwoordigheid van die SAPD en die stad se metropolisie sal plaasvind om so gou moontlik die onwettige elektrisiteitsverbindings in die gebied te verwyder.
Kragprobleme kan intussen by 012 358 9999 aangemeld word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
Verskeie nedersettings, hulle gaan maar net weer betoog en afbrand. Dis mos aan die orde van die dag. Dienslewering is die skuiwergat. Maar betaal nee wil als verniet hê.
Vir n verandering is dif nie n 6 syfer bedrag nie
Gelukkig nie weer n syfer met 6 nulle nie. Seker iets om voor dankbaar te wees
Die berig lees R200000 vir agt transformers , moet dit nie dalk lees 2 miljoen of 200 miljoen nie. Dit klink na n bargain 200 duisend
Dit is die skade, nie wat iemand se tsjommie gaan kry om reg te maak nie.