R400 000 per boorgat darem bitter duur, sê DA

Argieffoto bloot ter illustrasie. 

Die uMgungundlovu-distriksmunisipaliteit in KwaZulu-Natal is van plan om 25 boorgate te sink – en dit volgens die DA teen ʼn allemintige bedrag van R400 000 elk.

Die party vra nou in ʼn brief aan die waarnemende munisipale bestuurder dat ondersoek ingestel moet word na die munisipaliteit se voorgestelde sink van die boorgate.

Daar is onlangs tydens ʼn raadsitting onthul dat die departement van samewerkende regering en tradisionele sake R20 miljoen aan die munisipaliteit beskikbaar gestel het om sogenaamde BBP-toilette en boorgate te lewer.

Die opposisieparty sê nou hy is dankbaar vir die toilette en boorgate in ʼn landelike streek, maar die somme klop nie.

“’n BBP-toilet is ʼn basiese struktuur met drie betonkante, ʼn puttoilet, ʼn dak en ʼn deur,” sê Hazel Lake, die DA se koukusleier in uMgungundlovu.

Dit kos sowat R17 000 om só ’n toilet op te rig en die munisipaliteit beoog om 590 hiervan te laat bou. Die oorblywende R10 miljoen sal dus op 25 boorgate bestee word, wys Lake daarop.

“Ons het die R400 000 per boorgat bevraagteken en daar is aan ons verduidelik dat dit grootmaattoevoerboorgate is. Die prys lyk egter steeds buitensporig, aangesien private boorgate teen minder as R40 000 gesink word.

“Dit ruik na korrupsie.”

Die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur bepaal duidelik dat waarde vir geld altyd ʼn vereiste is. Die DA sê dit gebeur egter nie in die praktyk nie – ten koste van dienslewering.

“Die probleem hiermee is dat soveel sakemoontlikhede, verhoogde ekonomiese aktiwiteit en selfindiensnemings bereik kan word as geld nie gemors word op kontrakteurs en dienste wat pryse opstoot nie,” sê Lake.

“Indien daar redelike en mededingende markpryse betaal word en belastingbetalersgeld beskerm word, kan daar baie meer in infrastruktuurontwikkeling, dienslewering en vennootskappe tussen die private en staatsektor belê word.

“Dit is hierdie kortsigtige, selfdienende en ‘kom-ons-verryk-die-minderheid-mentaliteit’ wat diegene wat dienste die meeste benodig benadeel, en natuurlike ekonomiese ontwikkeling afbreek wat sou plaasvind indien gesonde verstand in sakepraktyke gebruik is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Parmantige samaritaan ·

Maar natuurlik is dit korrupsie. Kader lang vingers in die kasregister soos gewoonlik.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis korrupsie, ja. Maar wat gebeur nou?

Magda ·

Ja nee, dit is n rip off, R40 0000 , R50 000 is di pryse van n boorgat, maar R400 000 verseker korrupsie, DA ONDERSOEK DIT ASB

Christine ·

Ons boorgat is gesink vir R30, 000. Die kaders verryk hulself weer

Stoffeltjie ·

Julle moet in gedagte hou dat tenderprosesse moet gevolg word. Dit is nie die boorgat wat so duur is nie, maar die korrupsie daaragter. 40 Mense het hul vingers in die pastei. En, ek moet noem, die gemiddelde boorgat kos nie meer R40,000.00 na die laaste dieselverhogings nie. Miskien met ‘n stamperboor, dalk. Dit is beslis nie R400,000.00 per gat nie, maar ook nie R40,000.00 nie. Daai konserwatiewe R40,000.00 sal beslis nie die boorman kan vergoed nie. Dit hang alles af van waar die boorgat geboor moet word, die diepte, die formasie, die toeganklikheid en hoofsaaklik water.

Kokerboom ·

Ons leer ook nie. Wanneer gaan ons besef die kaders maak net goed “eiesak somme”. Toilette: 12000 eie sak, 5000 vir toilet(kan nie meer as dit kos; boorgate: 100 000per gat en 300 000 eie sak. En as gat droog is is dit nie hulle saak.
So kondoneer ons bedrog, diefstal en vermorsing van skaars hulpbronne
VIVA Azania

Republikein in die Wes Kaap ·

Met Ramaphalaphala sal niks verander nie.

Andre ·

Ek sal vir hulle boor teen R60000 ‘n boorgat. Hoop hierdie beplande boordery word onmiddelik gestop.

Nicolene ·

Ek het 2 jaar terug net R30 000 vir ‘n boorgat betaal. Maar die probleem is dat die man wat geboor het, wit was. Sal hom dus nie kan aanbeveel nie.

Jacobus ·

Hang af wie die boorgat boor! Hang af wie by die krip vreet!

Deon ·

Dit is mos nou ooglopend beplande misdaad. Laat hulle voortgaan en kla dan die hele lot aan van bedrog en korrupsie.

Kensy ·

As die regering iets doen, kan daar maar solank n kommissie geskep word wat dit ondersoek.
Dieselfde kommissies wat deur die jare so doeltreffend is soos n duikboot met n sif deur.

Ek hoop die poging word semier in die wiele gery!!!

christo ·

Gift of the Givers sal ‘n idee kan gee hoeveel dit kos om ‘n boorgat te sink want hulle het al talle gate gedink vir gemeenskappe in nood. Al verloor die ANC die verkiesing sit die volk nog stééds met die slegte korrupte amptenare.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.