Raadslid se man by Grabouw doodgeskiet

Die motief vir die moord op die man van ʼn raadslid van die Theewaterskloof-munisipaliteit in die Wes-Kaap is nog nie bekend nie.

Die Wes-Kaapse polisie het Woensdag bevestig ʼn saak van moord word ondersoek ná die 32-jarige Lefa Lemina verskeie keer geskiet is.

Luidens ʼn polisieverklaring is Lemina naby Siyanyanzela in Grabouw geskiet. “Volgens verslae is die slagoffer verskeie kere geskiet en na ʼn hospitaal geneem waar hy beswyk het,” lui die verklaring.

“Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie en die verdagte of verdagtes moet nog aangekeer word.”

Volgens ʼn verklaring van die Theewaterskloof-munisipaliteit was Lemina getroud met Tapelo Princess Lesesa-Lemina, ʼn raadslid by die plaaslike owerheid. Lemina was ʼn toesighouer en voertuigbestuurder by die parke-en-tuin-span op Grabouw.

Die munisipaliteit het sy medelye betoon en gesê Lemina was ʼn toegewyde werknemer van die Grabouw‑ munisipale kantoor.

“Die voorval het ná 20:00 plaasgevind en ondanks alle pogings om hom te red het hy tragies ná 23:00 weens sy beserings beswyk.

“Die hele munisipaliteit is diep geraak en hartseer oor hierdie sinnelose daad van geweld. Ons harte gaan uit na ons raadslid en haar hele gesin in die ondenkbaar moeilike tyd.”

Die munisipaliteit het ʼn beroep gedoen op enigiemand met inligting oor die voorval om die polisie te kontak.

“Laat ons in hierdie tyd van rou as ʼn gemeenskap saamstaan om ons ondersteuning, vertroosting en solidariteit aan ons raadslid en haar familie te bied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Prikkie ·

Verkiesing kom nader. Nou gaan daar alhoemeer van hierdie plaasvind.

Anon ·

O jinne ja… waar kom al die volks vreemdes nou ewe skielik aan sulke plekkies? O ja, mos met busse aangery om soos die saad van satan orals net chaos te saai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.