Ramaphosa tugtig minister oor Zim-vlug

Die DA wil weet wat die bedrag is wat die ANC gaan terugbetaal. (Foto: Tawanda Mudimu/The Herald)

Pres. Cyril Ramaphosa het ʼn formele teregwysing aan Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die minister van verdediging en militêre veterane, uitgereik oor ʼn ANC-afvaardiging se vlug na Zimbabwe met een van die SA Lugmag se stralers.

Tyrone Seale, waarnemende woordvoerder van die presidensie, het in ʼn verklaring gesê Mapisa-Nqakula se salaris word ook vir drie maande, vanaf 1 November 2020, opgeskort. Haar salaris sal in die regering se Solidarity Fund inbetaal word. Dié fonds is opgestel om die land se reaksie op die Covid-19-pandemie te ondersteun.

“Die president het die minister ook opdrag gegee om seker te maak dat die ANC die staat vergoed vir die koste van die vlug na Harare en dat hy bevestiging moet ontvang sodra dit gedoen is,” het Seale bygevoeg.

Ramaphosa se besluit volg ná hy haar aanvanklike verslag bestudeer het en ʼn bykomende verslag wat hy versoek het oor die omstandighede wat daartoe gelei het dat die ANC-afvaardiging op 8 September 2020 na Harare gereis het met ʼn vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugmag.

“Die minister was op ʼn amptelike reis, en die president het vir haar toestemming gegee om ʼn vliegtuig van die Lugmag te gebruik, maar hy het bevind dit was ʼn oordeelsfout om die vliegtuig te gebruik vir ʼn afvaardiging van ʼn politieke party.”

Ramaphosa het gesê dié oordeelsfout is teenstrydig met die verantwoordelikhede van ʼn kabinetminister. Hy het bevind dat Mapisa-Nqakula:
– nie in die belang van goeie regering opgetree het nie, soos vereis deur die gedragskode vir uitvoerende lede;
– versuim het om te voldoen aan regsvoorskrifte wat die gebruik van staatshulpbronne regverdig;
– opgetree het in ʼn manier wat strydig is met haar posisie, soos vereis deur die gedragskode.

“In sy brief van teregwysing aan die minister het die president gesê hy het waardeer dat die ANC reeds homself verbind het om vergoeding aan te bied vir die staatshulpbronne wat bykomend aangewend moes word buiten die kostes wat die minister sou aangegaan het vir haar goedgekeurde reis om met haar Zimbabwiese eweknie te vergader.”

Seale het gesê die sanksies op die minister wys egter in watter ernstige lig die president die minister se oordeelsfout beskou, gegewe haar hoë amp in die regering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Die Wolf ·

Van waar die skierlike aksie? Wag nog dat Ace ook aangevat word.

Pieter ·

Ooee wow, was dit nie dalk sommer ‘n ERNSTIGE tugtiging nie??? Dit moes erg wees, erger as tronkstraf sekerlik. 3 maande sonder salaris, maar darem met n 6 maande salaris bonus na die 3 maande. Weereens net nog leë woorde met geen dade, asof ons nou daarvoor moet val.

koos10 ·

Hoeveel mense is toe gesluit vir inperkings regulasies oortredings? All animals are equal?

Oomniklaassevriend ·

Yes but some are apparently more equal than others

Pieter ·

Ag asb cyril dink jy regtig ons het jou mentaliteit. Julle het die land op sy knie

Pieter ·

Jy is darem met verskriklik min tevrede? Net n leë belofte soos gewoonlik!

J ·

Die president wéét seker dat die groepie Harare gangers, sy ondergang beplan?

Samesweerders, verraaiers, rugstekers … teen die president?

Persheks Adri ·

So hoeveel is die minister se salaris? Dit gaan na die staat se hulpfonds mmmmmm. Waarom word almal nie gestraf nie en wat van die lockdown reëls wat hulle oor tree het? Hulle almal moet betaal, ge-fire word en gaan sit klaar! Julle oordeelsfoute is ‘n gewoonte nou al hoor Cyril!

#Tsek ANC tsek man en ons soek bewyse, want ons glo niks wat julle sê nie!!!

Anel ·

Stem 100% saam met jou. Dank af, sluit toe en gooi die sleutel weg!

Mossel ·

Hoekom Ramaphosa??? word hul nie arresteer en aangekla soos die res van die publiek nie ?? Tugitg ? sy sal nogsteeds haar vet pay kry en beloon word ! Maar as ons op die strand loop of sonder masker summier word jy ge arresteer..

J ·

Dis nie die eerste keer dat Nosiviwe die weermag se vliegtuig misbruik vir eie gewin nie! ( …. iemand se ‘girlfiend’ opgelaai in ‘n naburige Afrika land?)

Met ‘n bevolking van 70 miljoen mense waaruit briljante ministers gekies kan word, waarom word ‘gewoonte misdadigers’ wéèr en wéér en nog ‘n keer, aangestel deur die ANC?

Die hele ANC delegasie na Harare is almal ‘recycled’ kriminele … ? Magashule, Yengeni ens … ek mis Shabir Shaik by hierdie ‘dirty tricks’, span?

Ons wag nog op die president om die ‘verslae’ oor die insident, publiek te maak. Dit is ‘after all’ ONS (belastingbetalers) se bate en geld wat misbruik word.

Dr Pieter ·

Al die negatiewe kommentaar op die president se tugtiging van die minister laat my verstom. As hy nie optree nie, word hy kritiseer. As hy wel optree word hy insgelyks gekritiseer? In Engels, ‘n “Catch 22?”
Dit was ‘n swaar en toepaslike straf. Wie van die kritici sal die verbeuring van drie maande van hul salaris vir so ‘n fout as “lig” beskou?
Komaan, laat ons die regering verantwoordelik hou, maar sulke ondeurdagte kritiek veroorsaak dat hulle ons nie ernstig opneem wanneer geregverdigde kritiek uitgespreek word nie.

DieKriek ·

Dr Pieter, dis omdat die “straf” heel onvanpas en heeltemal te lig is.

Die Wolf ·

Rerig! Wat sal gebeur as jy so n oortreding begaan in jou werk?

Adeline ·

Nog steeds nie uit haar pos ontslaan en afgedank nie – haar sertifikaat en kriteria van werks aansoek of aanstel is verseker dalk ook ‘n kriminele rekord wat kwalifiseer vir ministerskap in die parlement – nou is my vraag hoe word hulle aangevat oor die covid-19 staatskoerant gepubliseerde wette wat nie nagekom is nie en hulle nie in die lyn daarvan val om vervolg te word nie omdat hulle wat ministers – beamptes en familie is van die korrupte regering???????

Nico ·

Hy het nie met kinders wat alles glo te doen nie, dit sal nooit gebeur nie, dit is mos van sy eie mense. Ja, kindres sal hom dalk glo.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.