Lt.genl. Vinesh Moonoo, die polisie se hoof van speurders, het gesê die verdagte is op aanklag van roof in hegtenis geneem. “Daar is ʼn profiel opgestel en hy is aan meer as 25 sake van verkragting in Soshanguve, Rietgat en Booysens verbind.”
Moonoo het gesê die verkragtings het tussen 2008 en vanjaar plaasgevind. Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte sal na verwagting Dinsdag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn.