Referendum Party wil politiek in Wes-Kaap ‘herdefinieer’

(Argieffoto: Flickr)

Die nuwe Referendum Party sê die politieke situasie in die Wes-Kaap het onhoudbaar geword en meen dat die DA, wat die provinsie beheer, nie “sonder druk ʼn referendum oor Kaapse onafhanklikheid” gaan uitroep nie.

Phil Craig, medestigter van die party, sê dit is presies wat die party van plan is om nou te doen.

“Die Kaapse Onafhanklikheidsvoorstandersgroep (CIAG) was nooit van plan om kiesers te laat kies tussen stem vir die DA en ondersteuning van Kaapse onafhanklikheid nie, maar deur te weier om ʼn referendum uit te roep is hierdie besluit nou nie meer in ons hande nie,” sê Craig.

“Ons moet nou direkte teenstanders van die DA in die 2024 verkiesing word en om dit te doen gaan ons op 9 November 2023 die Referendum Party bekend stel.”

Craig sê solank as wat die DA die politieke toneel in die Wes-Kaap oorheers, gaan die party die belange van inwoners van die Wes-Kaap opweeg teen die politieke waarde van DA-kiesers in die res van die land.

“Kortliks gestel, hulle is nie bereid om op ʼn provinsiale vlak uitsluitlik in belang van die mense van die Wes-Kaap op te tree nie.”

Craig sê die party sal ʼn “enkelsaakparty” wees wat fokus op DA-kiesers wat Kaapse onafhanklikheid ondersteun. Dit sal onder meer voorstel om die DA aan bewind te hou – deur die party as ʼn koalisievennoot te ondersteun – maar om die DA te dwing om na sy eie kiesers te luister en ʼn referendum oor Kaapse onafhanklikheid uit te roep.

“Dit maak nie saak hoe goed ʼn DA-regering in Kaapstad presteer as die belangrikste besluite deur die ANC-regering in Pretoria geneem word nie,” sê Craig.

Die party sal klem lê daarop dat die Wes-Kaap nooit sy volle potensiaal sal bereik as dit nie hierdie vier kardinale regeringskwessies – ekonomiese beleid, polisiëring, belasting en besteding, asook grense – beheer nie.

Kaapse onafhanklikheid sal beheer van elk van hierdie sake aan die Wes-Kaapse regering gee, sê Craig.

Die Referendum Party word Donderdag amptelik bekend gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Delia ·

Dis reg…verdeel die opposisie. En die ANC/EFF glimlag breed.
In die politieke geveg, gaan daar n verloorder wees….die Wes-Kaap.
Wie is die manne wat die party begin? Besigheidsmanne….En as die moeilikheid kom dan emigreer hulle.

Manie ·

Lees weer die berig Delia, hulle sê duidelik dat die DA hulle stem sal kry in ‘n koalisie regering, maar voordat hulle nie politieke inspraak het nie, sal niks gebeur nie omrede die DA botweg weier dat ‘n referendum plaasvind.

Harry ·

So you are going to take votes away from the DA, thereby giving the ANC a foot in the door? Or you you think the WC has a better chance to become independent under the ANC? Starting a political party in this country is too easy.

Manie ·

The DA knows that they have the monopoly in the Western Cape, but refuses to call on a referendum. Only a political party can maybe bring them to their senses and if taking votes away from them is the way to do it, then so be it. The Referendum Party does not want to rule the Western Cape and wants the DA to stay in power, they will support the DA in a coalition government, but they need a voice and that can only be achieved by opposing them in the elections. It is about time that the DA stops with their bossy attitude.

Grassie ·

Daar is sprake van ‘n hele paar instansies wat nuwe partye in die Kaap wil stig. Al wat hulle kan bereik is om die stemtotaal teen die ANC te verswak weens onderverdeling. Die enigste manier om die ANC oortuigend te verslaan is om vir die VF Plus of DA te stem, wat sal saamstaan.

Republikein in die Wes Kaap ·

Grassie, die Unie van SA was reeds van 1910 tot mislukking gedoem. Die land was toe al geografies net tè groot en tè divers om te bestuur. Ironies genoeg het die Engelse in Natal daarteen gewaarsku. Die land is groter as groot gedeeltes van Wes Europa saam. Na 80 jaar het die NP dit finaal besef. En na 30 jaar wil die ANC dit steeds nie besef nie. Die DA, VF Plus en Action SA sal ook musluk. Dit laat mens dink aan Einstein se beroemde gesegde.

Willem ·

‘n Praktiese vraag net vir ‘n onafhanklike Kaap: – grensbeheer – 20 grensposte op huidige hoofwee, grensbeheer op sekondere en tersiere paaie (grond paaie) wat die grense kruis – hoe gaan dit gedoen kan word. Besoekers uit die res van SA wat net vir familie wil gaan kuier, moet hulle nou paspoorte kry vir die besoeke.
Wat van plase wat se grond huidiglik oor provinsiale grense is, hoe gaan julle dit hanteer? Kom eers met oplossings vir hierdie praktiese dinge voordat julle voortgaan met julle onafhanklikheids voorstelle.

Republikein in die Wes Kaap ·

Geldige vrae en kwessies, Willem. Kiesers wil weer waarvoor hulle stem. Maar hierdie is ‘n ordelike inkrementele proses wat verskeie jare gaan neem om te voltooi. Dit sluit ook sake soos dubbele burgerskap, verblyf- en werkpermitte en toerisme visums in. Behoorlike grensbeheer sal tyd neem, dus sal daar altyd onwettiges wees. Hulle sal egter hanteer word in terme van internasionaal aanvaarbare emigrasie en deportasie wette. Plase wat oor grense strek sal in terme van internasionale eiendomswette hanteer word. Elke kanton in die WK sal van die plaaslike sake verskillend hanteer, net soos in Switzerland. Die belangrikste vir nou is om die bal aan die rol kry.

Bolandse Nooi ·

@Willem – kan al die klip(pies) in die pad van afstigting nie opgelos word deur die aanpassing van provinsiale grense nie? Wie bepaal “anyway” provinsiale grense? Sekerlik NIE die plaaslike administrasie nie. Buitendien, mense kan maar baklei soveel hulle wil, daar is GEEN, soos in GEEN, GEEN manier wat die nasionale regering afstigting, of selfs net eens ‘n referendum, sal laat plaasvind nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Bolandse Nooi, ‘n land behoort aan sy mense, nie politici nie. Terloops, SA het nou misluk. Die ANC se vurk is vol en hulle sukkel om al die gate toe te stop. Binnelands en buitelands gaan die druk op die ANC politici verder toeneem. Die ANC het die WK reeds afgeskryf.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die DA moet besef die Wes-Kaap is uniek en verskil van die res van die land. Die ANC voel vere vir die provinsie se welstand en ontwikkeling. Hopelik sal die mense van die Noord-Kaap ook besef hulle is ook uniek en behoort te druk vir onafhanklikheid. Die RP gaan blykbaar ook aan die nasionale verkiesing deelneem. Die konsep van federalisme en sessering kan dan deel word van die nasionale debat.

Althes ·

Wat is die rede dat die DA nie die Wes-Kaap wil onafhanklik maak nie?
Indien onafhanklik, wat hoe gaan dit regeer word?

Manie ·

Die DA het die lawwe idee dat hulle in koalisie volgende jaar na die verkiesing, die land kan regeer. Hulle stel nie belang daarin om net die Wes-Kaap te regeer nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Althes, daar is ‘n paar modelle waaroor inwoners sal moet besluit. ‘n Federasie met ‘n paar kantons is een opsie. Dit sal tyd neem om te finaliseer. Ons wil nie nog ‘n gejaagde Kodesa hê nie.

Bolandse Nooi ·

Nóg ‘n politieke party … nóg meer verdeeldheid. Elke hoenderhaan wil mos maar koning kraai op sy eie mishoop en intussen lag die ANC en EFF vir die mense van die W-K wat so wil referendum hou en afstig. Daar is geen manier wat die nasionale regering enigsins ‘n referendum om te stem vir of teen afstigting van die Wes-Kaap en selfs afstigting later, sal toelaat nie. Daar is geen manier wat die nasionale regering ruimte sal toelaat vir koalisie-regerings op nasionale vlak nie. Julle mors jul tyd en energie om te gaan stem … die ANC sal aan bewind bly, “by hook or crook” … hulle sal sórg dat hulle aan bewind bly.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die PF het ‘n spesifieke doel. Hulle wil nie in Pretoria gaan sit en regeer nie. Die ANC sal kruppel regeer in ‘n mislukte staat. Die uitkoms in daai scenario lyk sleg.

annie ·

Die Britte en die VP en die Progresiewe party en die DA het Afrikaners beswadder en die land help oorhandig aan die ANC. Nooit, sal ek vir hulle omdersteun nie. Nooit;

Republikein in die Wes Kaap ·

Ons is nou hier. Wat nou? Vergeet an die DA en beweeg aan.

Johan ·

In beginsel dink ek dis n puik idee. Uit die aard van die saak is daar baie vrae vanuit n praktiese oogpunt. Indien grensbeheer behoorlik toegepas kan word, dan word dit nog n beter idee. Die Weskaap word mos al hoe meer as die “vleispot van Egipte” gesien en indien die instroming voortgaan soos die afgelope jare, gaan dit binne n paar jaar net soos in die res van die land lyk.

houopkruip ·

Stem 100% saam met jou annie.
Baie mense met wie ek hier in Jhb te doen het, het finaal ook nou besluit om ‘n ander politieke perd op te saal, weg van die DA af.
Los die DA vir die kaap – laat hulle mekaar onderling vernietig in hul drome van onafhanklikheid – wat ‘n grap ! En laat hulle maar die een (onafhanklikheid) kitaar-snaar aanhou slaan – soos ‘n druppende kraan op hul koppe.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ons sal onafhanklikheid vat dankie. En wat gaan in Johannesburg en omstreke gebeur? Dinge daar lyk maar droewig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.