Rekenaars by skool weggedra

sapd-saps-polisie

Foto: SAPD/Facebook

Die polisie in Mpumalanga het ʼn voorval veroordeel waartydens ʼn skool by Kanyamazane, naby Mbombela, se rekenaarlaboratorium rot en kaal besteel is.

Altesame 22 skootrekenaars, asook ʼn oorhoofse projektor ter waarde van R66 700, is by die Portia Shabangu Secondary School in Tekwane-Suid gesteel, het kol. Mtsholi Bhembe, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, gesê.

Personeel van die skool het gister by die skool aangekom en die laboratorium sonder enige toerusting aangetref.

ʼn Saak van diefstal word ondersoek, maar niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie het ʼn beroep op lede van die gemeenskap gedoen om met inligting oor die diefstal na vore te kom.

“Die provinsiale kommissaris, lt.genl. Mondli Zuma, het gesê dit is hartseer dat mense só wreed en gulsig kan wees. Hulle optrede het ʼn direkte invloed op die toekoms van leerders,” het Bhembe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Muffin ·

Wat my aan betref is dit die leerlingetjies self wat die goed weg gedra het.

Arno Scheepers ·

Kyk maar by watter skole word so baie rekenaars ingesit en by watter skole word dit so weggedra.

TLC ·

Wreed en gulsig se jy jy weet nie wat beteken woorde nie
Wreed en gulsig is om ons wit boere te vermoor vir minder as dit
Om om om ………
Wag laat ek nie se nie

Gert van Wierdapark ·

Plaas dat hul dit behoorlik toesluit sodat die wrede gulsige diewe dit nie kan kom haal nie! Die kommusaris behoort teen die tyd te weet dat net Reg-stelende Aksie is!

zoom zoom ·

Is dit nie net gesonde demokrasie wat toegepas word????

Vra maar net ·

Met sulke duur toerusting sou ek gedink het dat daar n alarm sou wees???

Pieter ·

Dis hoekom Jan van Riebeeck nie sy rekenaar saamgebring het nie. Demokrasie laat dit wegraak.

Pensioenaris ·

Dis mos nie n probleem nie, ons die belasting betaalers sal weer ander koop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.