RGB-hoof toets positief vir Covid-19

Prof. Simon Nemutandani (Foto: Facebook)

Prof. Simon Nemutandani, president van die Suid-Afrikaanse Raad vir Gesondheidsberoepe (RGB), het positief getoets vir Covid-19.

Priscilla Sekhonyana, woordvoerder van die RGB, het die nuus Dinsdag bevestig.

Sekhonyana het gesê dit gaan goed met Nemutandani en dat hy tuis in self-isolasie is.

Nemutandani het onlangs in ’n verklaring gesê hy kan nie die belang van die dra van maskers, die was van hande en die handhaaf van sosiale afstand genoeg beklemtoon nie.

Maroela Media het vroeër berig 1 346 936 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 9 010 pasiënte in die voorafgaande 24 uur positief getoets het.

Nog 344 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Dit bring die land se dodetal op 37 449 te staan.

Die RGB het Nemutandani spoedige beterskap toegewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.