Thabo Nkala, Edmor Ndlovu en Mduduzi Mathibela staan tereg op aanklagte van moord en verkragting. Landdros Lucas van der Schyff het die saak tot 20 April uitgestel aangesien daar steeds gewag word op die direkteur van openbare vervolging om te bepaal of die saak na die hooggeregshof in die stad oorgeplaas sal word of nie.
Maroela Media het vroeër berig twee pare het een Saterdagaand in Oktober 2015 in die Rhodespark gestap toe hulle deur ʼn groep van 12 voorgekeer is. Die verdagtes het die mans glo met hul eie klere vasgebind en in die dam gegooi terwyl hulle een van die vroue verkrag het. Die ander vrou kon daarin slaag om te vlug. Albei die mans het verdrink.
Die drie beskuldigdes sal in polisieaanhouding bly tot hul volgende hofverskyning.
Dis nou hoe saamstaan werk…….na soveel maande is steeds net 3 van 12 gevang, die ander 9 is nog onbekend, want daai 3 praat oor hulle dooie liggame……
Doen dieselfde met hulle wat hulle aan daardie arme mense gedoen het – dit was verby wreed en onmenslik.