Rower tydens jaagtog doodgeskiet

Polisiebeamptes het die verdagtes se voertuig agternagesit totdat dit teen ’n elektriese paal vasgejaag het (Foto: Verskaf)

’n Rower is Maandag doodgeskiet tydens ’n hoëspoedjaagtog met die polisie en sekerheidsbeamptes in die Johannesburgse middestad.

Dié rower en sy twee makkers word al vir ’n geruime tyd gesoek vir verskeie gewapende rooftogte en motorkapings in die Johannesburg-omgewing.

Volgens lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het lede van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, Gautengse hoofwegpatrollie-eenheid, Gautengse verkeersversadigingseenheid, Tracker Connect, BadBoyz Security en Vision Tactical inligting van dié drie opgevolg.

Dié multidissiplinêre span het volgens die inligting die verdagtes se voertuig – ’n Audi A5 – omstreeks 14:00 in Mayfair opgespoor. Die drie verdagtes was in die motor.

“Die span het die verdagtes probeer voorkeer, maar hulle het weggejaag. Die beamptes het hulle agternagesit en ’n skietery het tussen hulle en die verdagtes uitgebreek.”

Twee van die verdagtes het tydens die jaagtog uit die motor gespring en te voet gevlug.

“Polisiebeamptes het die verdagtes se voertuig steeds agternagesit totdat dit teen ’n elektriese paal vasgejaag het. Een verdagte wat reeds skietwonde opgedoen het, is binne die voertuig gevind. Paramedici het hom later op die toneel dood verklaar.”

Voorlopige ondersoeke toon dat die voertuig oor ’n vervalste nommerplaat beskik en dat dit na bewering in Mei verlede jaar in Kempton Park gekaap is.

’n Ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie is in die verdagtes se motor gevind.

’n Soektog vir die oorblywende verdagtes duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jr ·

Doodstraf werk. As die land en die hof dit nie wil bekragtig, laat die polisie en ander dit doen, tot die publiek. Geen geld mors, duur hofsake, tronk kostes. Problems solved

Sandra ·

Seg ek ook. Hoekom moet hulle in weelde in die tronk bly. Dit terwyl ek klippe kou?

Waarnemer ·

Ek kan nie verstaan hoe 2 verdagtes tydens n jaagtog uit n voertuig kan spring en kan weghardloop nie… was die jaagtog dalk in stadige aksie?Jaagtog beteken tog vinnig ry en as jy uit n vinnig bewegende voertuig spring gaan jy jouself beslis poer des merdes toe val…..of is ek verkeerd?

My siening ·

Lekker wettige doodstraf en goedkoop vir belasting betalers!

Boon ·

Pluimpie vir polisie. Lyk my hulle gaan deesdae ook vir skietopleiding.

Shakespeare ·

Nou bly daar nog net 20 miljoen van die soortgelyke gemors oor, maar nouja 1 is beter as niks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.