RP rig grenspos op om manifes bekend te stel

(Foto: RP)

Die Referendum Party (RP) het die ikoniese R62-grens tussen die Wes-Kaap en die Oos-Kaap gekies om Maandag sy verkiesingsmanifes vir 2024 bekend te stel. Die party neem deel aan die nasionale verkiesing, asook die Wes-Kaapse provinsiale en streeksverkiesings.

“Die R62 het politieke berugtheid verwerf as gevolg van die skerp kontras in padtoestande wat aan weerskante van die grens die nadelige impak van die ANC-regering op Suid-Afrika visueel illustreer,” sê Phil Craig, leier van die RP.

Die party het ʼn grenspos met aanwysingsborde opgerig wat aandui dat mense óf die “Kaap van Goeie Hoop” óf die “Mislukte Staat van Suid-Afrika” binnekom, afhangend van die rigting waarin hulle reis. Ander borde het aangekondig dat as mense vir die RP stem, die grens binnekort gesluit sal word en dat ʼn stem vir die RP Kaapse Onafhanklikheid ‘n eerstewêreldtoekoms sal meebring.

Die valboom is neergelaat om die grens simbolies te sluit en Craig het die manifes bekend gestel. Hy is deur ‘n groep RP-aktiviste wat die drie grootste etniese groepe in die Wes-Kaap verteenwoordig, ondersteun.

“Dit is waarskynlik die kortste manifes in hierdie verkiesing, maar ook die magtigste. Dit kan die wêreldkaart verander, ‘n nuwe land skep, en die lewens van die mense van die Wes-Kaap fundamenteel verbeter,” het Craig gesê.

Phil Craig, leier van RP (Foto: RP)

Hy het die manifes as “ʼn kontrak met die mense van die Wes-Kaap” beskryf en hulle genooi om die RP aan hul beloftes te hou. “In wese sê die manifes net een ding – gee vir ons 100 000 stemme en ons sal vir jou ‘n referendum oor Kaap Onafhanklikheid gee.”

Die bekendstelling het die sosialemediaplatform X (voorheen Twitter) in rep en roer gehad, met Suid-Afrika se woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, Clayson Monyela, wat gedreig het om in te gryp. Sy plasing is verwyder, maar nie voordat dit wyd versprei het nie. Die PA-leier, Gayton MacKenzie, het ook gedreig om Craig uit die land te verban.

Die RP hou voet by stuk. “Ons is nie hier om mense gemaklik te maak nie, ons is hier om die stelsel op sy kop te keer,” voeg Craig by. “ʼn Referendum oor Kaapse Onafhanklikheid is ‘n wettige rewolusie. Die mense van die Wes-Kaap moet toegelaat word om hul eie lot te bepaal en as dit vir die res van Suid-Afrika aanstoot gee, dan is dit so.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Michael ·

Ek steun en respekteer die mense se siening, ons almal wil ‘n beter toekoms hê en die anc bied net agteruitgang en ellende.

Papsak ·

Ek stem die anc is net gemors agter uitgang en ellende niks is onder beheer nie ?????

Manie ·

Gaan so voort Phil Craig, moenie dat ‘n klomp narre jou afsit nie. Trek die streep in die sand.

Republikein in die Wes Kaap ·

Gee Pretoria gas manne. Die DA sal weldra bykom.

capie ·

Dit is hoe dit gedoen moet word. Die slapende DA en die ANC sal dit hierdie verkiesing uitvind.

Wiehan ·

Republikein in die Wes Kaap, het jy gesien hoe vinnig kom vra die negatieves vir burgerskap in die Rep van die Weskaap. Soos ek al voorheen gese het, mense moet na RSA se geskiedenis gaan kyk, RSA was nie een land nie, die Engelse het dit een land gemaak.

Danie ·

Pragtig.
Die mense het ten minste n visie.
Met genoeg stemme kan hulle n missie ook he.

Republikein in die Wes Kaap ·

@Wiehan, as minister van immigrasie kan jy die trane op hul wange meet om te bepaal hoe ernstig hulle is. Jy is reg, die Unie was van meet af gedoem. Dis bewimpel tussen die Britte en lafhartige ZAR boeregeneraals wat ruim vergoed is. Sover my kennis strek is gewone Kapenaars se menings destyds nooit in ‘n referendum getoets nie.
@Cassie, ek waarborg jou dis nie politieke drome nie. Nog minder siek. Dis aspirasies. Dieselfde is aan’t gebeur in die Noord-Kaap.

JohanR ·

Se my nou RP sal julle vir die volgende 5 jaar soe mooi agter my kyk hier in die Wes-Kaap soos die DA al agter my gekyk vir die laaste 10 jaar? Wat is nou eintlik julle geloofsbriewe om ‘n stad of provinsie te bedryf? Het julle al enigeiets bedryf?

Republikein in die Wes Kaap ·

@JohanR, die RP wil nie agter jou kyk nie. Hulle wil ook nie die WK bedryf nie. Hulle wil net ‘n bydra lewer om die WK na onafhanklikheid te lei. Craig het reeds gesê hulle sal die DA steun in die wetgewer. Of hy die waarheid praat weet ons nie. Na onafhanklikheid kan hulle wel poog om die regering te word.

Republikein in die Wes Kaap ·

RP skryf: “The Referendum Party signed the CapeXit Election Accord on April 22, 2024, in Cape Town. The Accord is an agreement of cooperation between CapeXit, a non-profit organisation, and the Referendum Party (RP) and Freedom Front Plus (FF Plus), political parties contesting the 2024 general elections. CapeXit has 840 000 members who have all formally committed in writing to voting for Cape Independence in a referendum. Under the terms of the accord, CapeXit will now recommend that their members vote for either RP or FF Plus.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.