Die plaaslike boksheld Kevin Lerena het positief vir ʼn verbode middel getoets.
Volgens die Wêreldboksraad het die 26-jarige Lerena positief getoets in ʼn toets wat in Oktober in Johannesburg deur die vrywillige agentskap teen die gebruik van verbode middels (Vada) gedoen is.
Dit is nie bekend gemaak vir watter verbode middel hy glo positief getoets het nie. Lerena is die Internasionale Boksorganisasie (IBO) se junior swaargewigkampioen en het 21 van sy 22 gevegte gewen.
Lerena het intussen op Twitter gesê hy het te hard en te lank gewerk om sy loopbaan te kelder deur verbode middels te gebruik. Hy het gesê hy sal die beslissing “harder beveg” as enige van sy gevegte.
“Ek glo daarin om skoon te veg. Ek sal nooit my loopbaan op dié manier op die spel plaas nie. Ek sal my naam in ere herstel, maak nie saak wat dit verg nie.”
Volgens Lerena het hy ook ʼn “verduideliking” aan die relevante partye gestuur wat volgens hom “duidelikheid” oor die saak sal gee en dit sal oplos. “Ek sal hierdie tot die bitter einde beveg.”
Lerena was een van die ‘maatjies’ van Oscar Pistorius wat ook in die moordverhoor getuig het. Dit is bekend dat etlete en ander sportsterre sogenaamde hulpmiddels gebruik om hulle prestasies te verbeter. Ek is nie verbaas hieroor nie.
Die ou was ‘n vriend van Oscar. Wat toe handomkeer verander het en teen Oscar getuig het. Al het hy die groter oortreding in die spesifieke omstandighede gepleeg het. Lerena het die vuurwapen uitgehaal en mee gespog.
Boksheld ??????
Ek mis nie enige gevegte nie. Gee Kevin eers n kans om te bewys hy is nie besmet met n onbekende middel nie. mens is eers onskuldig en word dan skuldig bewys. Gee die jong man n kans. Asseblief!!
Seker by die fietsryers geleer.