SA ‘mensehandelaars’ se saak in Botswana uitgestel

Argieffoto

Argieffoto

Die hofsaak van twee Suid-Afrikaners, wat tereg staan op aanklag dat hulle mensehandel in Botswana bevorder het, se saak is uitgestel nadat die beskuldigdes en staatsaanklaers nie in die hof opgedaag het nie.

Die beskuldigdes moes Woensdag in die hof verskyn het.

Mompati Taolo van die Gaborone-magistraatshof het beveel dat Hanamantsi Jakobus Lekena, van Ramatlabama in Mafikeng, Noordwes, en Antoinette Relebohile Nthoba van Soweto in aanhouding in ʼn tronk in Gaborone bly. Die twee is in aanhouding sedert hul inhegtenisneming in Maart 2016.

Hulle is in hegtenis geneem aan die Botswana-kant van die Kapfontein-grens met Suid-Afrika waar hulle glo probeer het om twee vroue van Ethiopië in Suid-Afrika in te smokkel.

Hulle staan tereg op ʼn enkele aanklag van die bevordering van mensehandel deur aanstellingsmateriaal en vervoer vir die twee vroue aan te bied. Die vroue sou glo na ʼn seksslawernykring in Suid-Afrika geneem word.

Die beskuldigdes het deur hul prokureurs ʼn aansoek by die land se hooggeregshof ingedien sodat die saak in ʼn hoër hof as die magistraatshof aangehoor kon word. Hulle voer aan ʼn laer hof het geen regsbevoegdheid om oor hoëvlakmisdade soos mensehandel uitspraak te lewer nie.

Die saak is uitgestel tot 30 Augustus en sal voortgaan in die magistraatshof hangende die uitslag van die aansoek in die hooggeregshof op 16 September 2016.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Name reeds bekend en nog nie in hof verskyn? Indien so, wys dit hoe die wette verskil met ons en ander lande. Een ding is seker dat daar GROOT moeilikheid vir hulle wag indien skuldig. Die argument van watter hof bevoeg is sal maar net ‘n klein invloed hê op die prosedure maar niks op die uiteindelike vonnis.

KarooKlong ·

As hulle dink in Botswanna gaan hierdie slim systap plannetjies (wat hulle nou wil leen uit sa) werk, dan kan hulle sommer nou al ophou. Botswanna se regstelsel is verdoemend en regverdig.

Hasie ·

Wat ek nie mooi verstaan nie is dat die beskuldigdes nie opdaag by die hof nie, maar hulle is in die tronk. Moes iemand hulle nie dalk hof toe gevat het nie?

MM ·

Hulle moet oppas dis nie SA nie dit is Botswana. Wie onthou die blanke vrou van SA wat haar man daar vermoor het. SA was nog besig met onderhandelinge omdat sy die doodstraf gekry het. Toe SA hulle oe uitvind was die partytjie reeds verby .

Scalla ·

Dit is hoekom dit so goed gaan in Botswana, daar is nog wet en orde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.