SA, Nasa vat hande om ruimte te verken

Dr. Phil Mjwara, direkteur-generaal van die departement van wetenskap en innovasie tydens die seremonie. (Foto: Elmond Jiyane)

ʼn Nuwe kommunikasiefasiliteit by Matjiesfontein in die Wes-Kaap sal dit makliker maak vir ruimtevaarders van Nasa om met die aarde te kommunikeer. Dié perseel in die Karoo sal een van net drie maanverkenningsgrondpersele (Legs) in die wêreld wees.

Die sooispitseremonie vir die beplande perseel het Dinsdag plaasgevind en simboliseer ook ʼn hernude samewerkingsooreenkoms tussen die Suid-Afrikaanse nasionale ruimte-agentskap (Sansa) en Nasa. Die ooreenkoms het ten doel om nouer samewerking te bewerkstelling met toekomstige sendings na die buiteruim.

ʼn Antenna van 10 tot 24 meter hoog, sal op die perseel aangebring word en is bedoel om ruimtevaarders op Nasa se Artemis-ruimtetuig en diegene wat daarna op en om die maanoppervlak sal werk, deurlopend in verbinding met die aarde te plaas.

“Ligging, weer en bestaande infrastruktuur maak Matjiesfontein die ideale plek om hierdie antenna te bou,” het dr. Badri Younes, adjunk-mede-administrateur vir Nasa se ruimtekommunikasie- en navigasie (SCaN)-program, gesê.

Younes sê die maan het Nasa en Suid-Afrika 60 jaar gelede bymekaar gebring, en hy is bly dit is Dinsdag weer gedoen.

Die grondstasie in Matjiesfontein is een van drie terreine met soortgelyke kommunikasie-antennas wat strategies oor die wêreld heen geplaas is. Nasa wil ook grondstasies in New Mexiko en Australië vestig.

“Ons kon regtig nie vir ’n beter plek op aarde gevra het as hier in Suid-Afrika nie – met wie ons ses dekades gelede die eerste keer saamgewerk het om die eerste mense op die maanoppervlak te laat land,” het Younes gesê.

Suid-Afrika was die tuiste van ’n grondopsporingstasie buite Johannesburg by Hartebeesthoek wat ’n deurslaggewende rol gespeel het in Nasa se Apollo-sendings in die 1960’s.

Volgens Younes sal Artemis, vernoem na Apollo se mitiese tweelingsuster, die eerste vrou en persoon van kleur op die maan laat land. Hy meen dit sal die weg baan vir ’n “langtermyn-maan-teenwoordigheid, en as bousteen dien om ruimtevaarders na Mars te stuur”.

Dr. Phil Mjwara, direkteur-generaal van die departement van wetenskap en innovasie, beskryf die hernude vennootskap as “wedersyds voordelig” en sê dat die grondstasie Artemis in staat sal stel om sy doelwitte te bereik en wetenskaplike kennis uit te brei.

“Die Matjiesfontien-grondstasie brei Sansa se ruimtevermoëns en -spesialisasie uit, wat die agentskap se rol as ’n globale rolspeler in ruimtewetenskap en -tegnologie versterk,” het Tiaan Strydom, waarnemende uitvoerende hoof van kommersiële dienste by Sansa, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

domheks ·

Nou kan die cANCer maar die vlag daar gaan ophang…. dan spaar oms miljoene. Heheheheeeee

Johann ·

Gulle gaan van “ster krag” gebruik maak. Of Maan Juice. Of “planeet sweet”. En vir als n ANC tender uitreik.

My siening ·

Nou is USA goed genoeg want kaders maak geld , maar Putin doen niks maar ons Cyrel hang soos n bosluis aan hom. ANC MONEY SUCKERS!

Fran ·

Ek dog dis al 1 april! Hoe lagwekkend! ANC kan nie eers ‘n gloeilamp vervang nie!

JohanR ·

Hulle kan….eindelik Fran…..maar dit wat 102 ANC’s om die lamp om uiteindelik die lamp in te kry!

marius ·

Julle kan nie eers vir die land se mense medisyne gee nie . Tipernd afrika styl . Korrup !

Leana ·

SA-regering kan nie eers op aarde van die “gryslys” afbly nie… nou wil hulle die ruimte in.

JohanR ·

Julle kan nie eers slaggate invul nie, maar wil nou die ruimte gaan verken!

Riaan ·

Dit is seker een manier om van die ANC ontslae te kan raak – Jaag hulle die ruimte in. Daar is nog baie plekke wat hulle kan gaan breek.

Gert ·

Ek weet watter ruimte hulle kan verken. Die ruimte tussen ons regeringsamptenare se ore!

Niklaas ·

Wie gaan die oprigting befonds ? Sonder dat die fondse verdwyn , in lyn met die moderne standaard SA roetine wat ons al so gewoond is en amper al gemaklik mee is. Ek sien heelwat nuwe miljoeners wat Dubai binnekort gaan verken.

annie ·

Ja… En so kan die CIA lekker spioeneer op alles en almal wat in die suidelike halfrond asemhaal. Flikflooi help altyd en die VSA weet dit. Hoeveel $ is gepledge?

Nie Verbaas ·

Sansa nogal. Nou lekker gelag. Sansa is seker nog besig om n ossewa met n stomp van die grond af te probeer lig.

Anonymouse ·

Afrikaners kan net gal braak. Die kommentaar is hoekom dit al slegter en slegter met ons sal gaan. Al wat ons kan doen is om op die kantlyn te sit en kommentaar lewer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.