SA weermag dalk binnekort betrokke by Mosambiek

(Argieffoto)

Verskeie onderafdelings van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) kan binnekort in en om die noorde van Mosambiek ontplooi word sodra Mosambiek daarom vra, het die minister van internasionale betrekkinge, dr. Naledi Pandor, in die parlement gesê.

Pandor het gesê die situasie in Mosambiek se noordelike Cabo Delgado-provinsie is baie gekompliseerd, veral omdat al meer gesofistikeerde wapens gebruik word deur die insurgensie-rebelle, wat bande het met die terreurorganisasie die Islamitiese Staat (Isis).

Cabo Delgado het die wêreld se rykste neerslag aan robyne en die derde grootste natuurlike gasveld. Volgens Pandor kan laasgenoemde Mosambiek in ’n middelinkomste-land omskep mits dit goed bestuur word.

Die huidige aanvalle deur fundamentalistiese Moslemgroepe beteken meer as 10% van Cabo Delgado se inwoners is nou al uit hul krale verdryf, waar alles gesteel en vernietig is.

Die aanvalle is tans gemik teen die plaaslike bevolking en die regering; nie teen Westerlinge nie. Westerse beleggings word deur private sekerheidmaatskappye beveilig, onder meer ook deur Suid-Afrikaanse private sekerheidsmaatskappye.

’n Kommerwekkende onlangse eskalering van die konflik was die oorname van die hawestad Mocimboa da Praia deur die invallers.

Pandor het gesê Suid-Afrika gaan Mosambiek bystaan en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) het reeds aan die Mosambiekse regering gevra watter hulp die land benodig.

Volgens Pandor kan die gevolge van die situasie vir Suid-Afrika insluit dat vlugtelinge vanuit Mosambiek hierheen kan stroom, en dat Suid-Afrika se toegang tot die natuurlike gasveld belemmer kan word.

Suid-Afrika se veiligheidsmagte word dus tans op gereedheidsgrondslag geplaas en die Suid-Afrikaanse vloot sal na verwagting binnekort aan die Mosambiekse kus ontplooi word.

Pandor het die verskering gegee dat Suid-Afrika nie alleen sal optree nie, tensy die land fisiek bedreig word. Suid-Afrika sal slegs in Mosambiek optree indien Mosambiek om hulp vra.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Anoniem ·

Genis, die Pakistani’s en Bangladeshi’s is nie verniet hier. Hulle stuur geld terug na hul onderskeie mense vir daardie organisasies.

Misky ·

Ha ha ha ha wat n grap….. SANW is eerste wat weghardloop as daar n perdeby aangevlieg kom, wat nog van ISIS. Ons land se hedendaagse weermag is die grap van die eeu – word wakker Pandor

Persheks Adri ·

Julle soek nou vir groot marakkas hoor! As Isis hier in kom het ons groot moeilikheid! Ons weermag en polisie is beslis NIE opgewasse vir hierdie klomp NIE!!!

Niklaas ·

Mits dit reg bestuur word….. Hoop nie daar is lesse daaroor geneem by huidige SA owerheid nie. Dan is ons weermag net verkwisting van kamoefleer klere, diesel en kos. Ons moet hoop Lesotho se weermag gaan ons nooit wil binneval in. Dan verloor ons enige veldslag binne 2 dae

Werner ·

Die situasie is baie gekompliseerd aangesien die rebelle gesofistikeerde wapens het . Eerste keer dat julle lot met n vyand te doen kry wat ook met vuurwapens gewapen is en nie weghardloop na n paar rubber koels nie.Kan nie wag vir die sirkus om te begin nie.Rebelle kan bly wees hulle het nie mt die ou weermag te doen nie dan het ons al van hulle vergeet. Wonder watter kader het nou weer n hand in die gasvelde of robeine maar hy kan maar van die vergeet die hopelose spul sal dit nie meer kan beveilig nie

Kokerboom ·

Die idee is goed en noodsaaklik vir bestendigheid in suider Afrika. Hierdie sal toon of die SANW die toets van die tyd sal kan weerstaan. Dit sal nie wegkruipertjie wees nie. Dinge kan baie interessant word. Hou die ruimte dop!!!

Pompies55 ·

Ek hoopisis leer hierdie klomp clowns n goeie les van die Sanw is die grap van die eeu!SA moet hul neuse uithou daar!!!!!

Adam Adriaan ·

Nou sal die klomp knape voel wat dit is om teen terroriste te veg. Kom on kyk na die spektakel. Moet nooit sê dat dit nie met jou kan gebeur nie. Dit is snaaks hoe die geskiedenis hom somtyds herhaal met rolspelers wat rolle verwissel.

Sobymykoolkop ·

Ek wag in SPANNING om daai sirkus te sien. Die hele mop gaan hol dat hulle klein raak.

Jaco ·

Daar gaan nie veel gebeur nie. Want daar is nie geld. Die soldate is beter bewapen as ons soldate.

Dirk Mostert ·

Maar ons soldate het waardevolle ondervinding opgedoen in die stryd teen Covid19.

Vrijburger ·

He-he.
Onthou die Lesotho fiasko?
Ek kry net gou my springmielies reg.

Anoniem ·

En Cyril was in charge daai tyd toe Lesotho hul wakker geklap het. Hy was sekretaris van Cosatu daardie tyd

PieterP ·

Mits dit korrek bestuur word…. Soos SA mevrou die minister?
Is jou regering se naam nog nie genoeg met planke geslaan nie?
Dank Vader my dae vir oproep is verby want saam met die spulletjie gaan ek nêrens nie.

MakersMark ·

Ha ha kyk hoe skop ISIS die oorgewig, swak toegeruste en swak gedissiplineerde sadf blitsvinnig uit Mosambiek. 35 jr terug sou 2 peletons 32 en so 12 recces ISIS gou koudgesit het.

Steve ·

Gaan ons oorgewig beledigings hulle met ketties aanval?
Ons weermag her in 1994 ophou ontstaan. Hierdie klomp huidige narre gaan net groter gatte van ons maak internasionaal. Die vyand bewe seker

Snowball ·

Stuur eerder die EFF se Clicks vegters. Hulle is onnosel genoeg om daar in te storm.

Termiet ·

Ek het nie ‘n TV nie maar ek gaan vir my die grootste een koop wat ek kan kry, want daai surkus wil ek nie mis nie.

Simon ·

Ek het nou so lekker gelag, my maagspiere is op ‘n knop getrek! Hierdie anc regering kan darem en ding reg doen en dit is om elke dag vir bietjie humor te sorg.

Fedup ·

Why would a country with a very pathetic army go and taunt isis?
We should have a head count before they leave fir Mozambique.

Alleen Wolf ·

Kan maar net wonder oor hierdie uitlating deur Pandor, as dit die ou S.A.N.W. was, was dit ‘n ander saak, huidiglik dink ek die weermag moet liefs tuis bly, hulle gaan seer kry, ry deur Voortrekkerhoogte of verby enige ander weermag basis en sien die verval, ‘n teken van die huidige dissipline in die weermag.

Anoniem ·

Daar is nie ‘n ou SANDF. Dit was SADF, maar ek stem saam met jou

Miskruier ·

Kan mens die staat verantwoordelik hou vir die dood van Suid Afrikaanse soldate wat nie opgewasse is vir die taak nie?

capie ·

Halfpad deur die eerste geveg gaan hulle seker staak, aandring op teatime en lunchtime

Adeline ·

Wel, wel wel, die “nuus” is eintlik ‘n openbaring – want het regtig nie geweet ons het ‘n weermag en nogal ook ‘n vloot…….. Nou wonner en net as mal-emma en sy rooi pet volgelinge die MAG het om ‘n ketting winkel groep oor ‘n produk wat nie eers deur hulle vervaardig is nie -bemark en dit deur die IKlose rooi pet brigade se leier verkeerd gelees word, omgedraai en dit rassisme noem – dwars oor die land geweldadig vernietigend en vuur stigtende gaos veroorsaak – waar is de polisie se water kanonne en die SKIM-weermag se ferm hand – GRAP VAN DIE JAAR -as daar verwys word na die RZA se weermag – dit moet lees RZA mis wolk wat voor die son verdwyn.

Johan ·

Dit sal nou die vinnigste wees wat ons regeringtjie weer die kommando’s wil instel. Nou is hulle speit dat die kommando’s nie meer daar is nie. Wonder of ons weerwag weet hoe werk ‘n geweer? Die vloot is darem nie sleg nie, maar dis ook net 2 bote en ‘n roei span

Dirk Mostert ·

As ek reg onthou, het Mosambiek ons al in April gevra vir hulp, maar die weermag was te besig om teen kieme te veg. Daardie troepe in die Kongo kan sommer Mosambiek toe gestuur word. Of die Rooi Barette.

Agge nee ·

Kan regtig iets vir ons werkloosheidssyfer doen. Ons sal net moet aanhou soldate vervang, want die wat soontoe gaan, sal nie weer terugkom nie, behalwe die wat AWOL.

Bushy ·

Isis het juis gewaarsku dat as SA inmeng dan bring hulle tereur na SA.
So ons regering moet eers dood seker maak dat hulle
die gevolge van hul besluite gaan kan hanteer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.