Die avontuurlustige Suid-Afrikaanse reisiger Andrew Russell het die Afrika-kontinent, van Kaïro na Kaapstad, binne ʼn rekordtyd met ʼn motorfiets oorgesteek.
Russell het die vorige rekord van 13 dae 23 uur verbeter en die 11 000 km binne 7 dae, 18 uur en 52 minute afgelê.
Sy reis het gestrek deur Egipte, Soedan, Etiopië, Kenia, Tanzanië, Zambië en Botswana voor hy Dinsdagaand, 9 Desember, om 22:11 uiteindelik in Kaapstad aangekom het.
Russell se plan was aanvanklik om op 17 Desember uit Egipte weg te spring, maar weens tegniese probleme moes hy sy wegspringdatum aanskuif. Hy het uiteindelik op 3 Desember om 03:00 weggespring. Hy het gekies om die oggend so vroeg met die reis te begin, omdat hy voor 15:00 die volgende dag by die Ethiopiese grens moes aankom en daar ʼn stuk pad tussen Gallabat en Gondar is wat nie veilig is om snags te ry nie.
Russell het in 2015 die roete van Kaapstad na Kaïro aangedurf, maar moes op 31 Desember 2015 sy planne laat vaar toe sy paspoort gesteel is. Sy paspoort het op die grens tussen Kenia en Ethiopië verdwyn.
Volg die Facebook-blad om meer te lees.
Het hy nie op 3 Januarie dalk weggespring nie? En op 7 Januarie in die kaap gekom. Nie Desember soos in berig.
Russell het op 3 Januarie weggespring in Egipte – anders sou dit nie ñ rekord gewees het nie.
Ek neem aan nadat hy sy aanvanklike datum van 17 Desember aangeskuif het, was die nuwe datum 3 Januarie en nie 3 Desember nie?
3 Januarie en 9 Januarie nie Desember nie,
Verder, is 9 Desember 2017 n Sondag, 9 Januarie is wel n dinsdag.
Vriendelike Groete
Het hy nie op 3 Januarie dalk weggespring nie? En op 9 Januarie in die kaap gekom. Nie Desember soos in berig.
@Maroela. Die mense is in ‘n toes, wysig asb die berig
Dis mos wat ons van ń Suid Afrikaner verwag. Knap gedaan.