Seboka-substasie gesluit ná vandale toeslaan

Die Seboka-substasie in Gauteng is Saterdag gevandaliseer. (Foto: Eskom)

Eskom het sy Seboka-substasie in Gauteng gesluit nadat dit Saterdag deur vandale beskadig is.

Die kragverskaffer het in ʼn verklaring gesê die besluit is geneem om die transformator teen verdere skade te beskerm wat moontlik in ʼn ontploffing kan ontaard.

“Die beheerkamer is gevandaliseer en kabels en paneelbedrading is geknip, wat ʼn reuse-risiko vir die transformator ingehou het.

“Eskom het geen ander keuse gehad as om die substasie te sluit nie.”

Die sluiting het die kragtoevoer na Evaton, die Evaton-kleinhoewes en gedeeltes van Sebokeng beïnvloed.

“Tegnici is tans met verdere evaluerings besig om die omvang van die skade te bepaal en vas te stel watter toerusting benodig word om herstelwerk te verrig en die kragtoevoer te herstel.

“Lede van die publiek word versoek om enige onwettige aktiwiteite by Eskom of die polisie aan te meld,” het Eskom laat Saterdagmiddag gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wondermaarnet ·

Hoe kry vandale toegang? Dit is nie toevallig nie. Dit was beplan en sekere mense kyk anderpad toe “vandale” toesak.

Miena ·

Ek sal jou se… want daar is min tot geen effektiewe perimeter omheining – al is dit n nasionale keypoint area. Daar is min tot geen sekuriteitswagte – want die sekuriteits maatskappy se wagte is elders ontplooi, maar verdien duisende rande vir dienste gelewer. Indien wel daar beamptes is – word hulle mos oorval en vasgemaak en bietjie rondgegooi en “ge-man-handle”. Intussentyd is dit eintlik n saak van “ons is almal in op die deal wat jy kan uitkry”. Inside jobs. Sabotasie – dit is wat dit is. Maar hulle besef nie dat hulself ook lei onder hulle wan-dade. En daar word nie n saak gemaak by die SAPD deur die verantwoordelike agbare “verkose en aangestelde local councillor” nie.

Jack ·

Saboteurs wat wil voorkom dat eskom weer opstaan. Natuurlik moet eskom oorweeg om die stasie aan ramaphosa se nuwe kragvoorsiener te verkoop dat die land kan sien of hulle beter kan vaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.