Ses sterf in busongeluk in Mosselbaai

(Foto: Mosselbaai-munisipaliteit/Facebook)

Minstens ses persone is Saterdag in die vroeë oggendure oorlede tydens ʼn ongeluk tussen twee busse op die N2 naby Mosselbaai.

Die twee busbestuurders is van die slagoffers wat noodlottige beserings opgedoen het. Minstens 25 persone is beseer en is na verskeie hospitale geneem.

Die ongeluk het omstreeks 01:30 plaasgevind en die N2 was vir ʼn geruime tyd gesluit om die wrakke te verwyder en sodat die ondersoek gedoen kon word.

Voorlopige berigte dui daarop dat een bus moontlik die verkeerde afrit geneem het en voor die aankomende verkeer beland het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.