Ses sterf in KZN-ongeluk

Ses mense is Maandag in ’n ongeluk op die R61 naby Port Edward dood. (Foto: Facebook / Paramedics, SAPS and Firefighters)

Ses mense is Maandagmiddag dood in ’n ongeluk op die R61 naby Caribbean Estates in Port Edward, KwaZulu-Natal.

Inligting van die toneel dui daarop dat ʼn vragmotor, twee bakkies en ʼn ligte motorvoertuig in dié botsing betrokke was.

Verskeie nooddienste, onder wie Netcare 911 en die brandweer, was op die toneel.

“By nadere inspeksie het ons gesien dat ’n motor en bakkie kop aan kop gebots het. Ses mense was met ons aankoms op die toneel reeds weens dié botsing dood,” het Herbst gesê.

“Nog vyf mense het matige tot ernstige beserings opgedoen.”

Na verneem word, is twee jong kinders onder dié wat ernstig beseer is.

Volgens Herbst moes spanne van die provinsie se brand-en‑reddingsdienste spesiale toerusting gebruik om die oorledenes uit die voertuie te bevry.

Die beseerde mense is op die toneel behandel en met ambulanse na nabygeleë hospitale vervoer nadat hulle gestabiliseer is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Diana ·

Hoekom is die sogenaamde minister van vervoer nog nie afgedank nie?????

Lillian ·

Mense ry soos hul wil, maak nie saak watse Wette ingestel word nie. NIemand gehoorsaam dit nie.

Vinny ·

Is verseker so, almal verander in padvarke en mense ry om mekaar in ewigheid in te ry. Daar is niks meer verdraagsaamheid of manierlikheid op die paaie nie. En as daar amper ‘n yslike ongeluk veroorsaak word, dan word die handjie net gelig met ‘n “sorry” en jaag voort!

Faraway ·

Mense ry nes hulle wil selfs op n Snelweg met n eenrigting
Ek beleef dit daagliks op die N1
Dis werklik net GOD se genade wat my elke dag deurdra!!!

Kiewiet ·

Sjoe die ongelukke op die paaie is net te verskriklik en wat van die arme mense wat onskuldig doodgaan deur hierdie wettelose bestuurders nee kyk ons het nog nooit soveel tragedie op ons paaie beleef nie!!

Roek ·

Soos altyd. spoed kos bloed en ongeduld kos lewens, hulle kan 10 ministers aanstel , indien daar “wetstoepassing en omkopery is soös wat dit tans is het die euwel nou gekweek tot onbehheerste toestande, dit is soos die advertensie se dit moes al laaankal aangespreek gewees het maar nou-nou is te laat !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.