Sewe lede van Dudula-beweging gevonnis

Argieffoto (Foto: Guillem Sartorio, AFP)

Sewe beskuldigdes is tot sewe jaar tronkstraf gevonnis vir hul betrokkenheid by protesaksies wat op 29 Mei vanjaar in die Alexandra-nedersetting, Gauteng, afgespeel het.

Die protesaksies is deur die omstrede Dudula-beweging in dié nedersetting gelei. News24 berig lede van dié beweging het glo “ongedokumenteerde immigrante” met geweld uit hul huise verwyder en hul winkels in Alexandra geteiken.

Die Dudula-beweging beweer dat hy poog om die Suid-Afrikaanse regering aan te spoor om op te tree teen ongedokumenteerde immigrante en diegene wat na bewering by misdrywe betrokke is.

EWN berig wetstoepassers het dae lank op ʼn hoë gereedheidsgrondslag gebly in ʼn poging om spanning te verminder.

Volgens kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, is die beskuldigdes skuldig bevind op aanklag van openbare geweld. Hulle is verlede Vrydag gevonnis.

“Die sewe verdagtes is tot sewe jaar tronkstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is,” sê Sello.

Een van die beskuldigdes wat gevonnis is, Simon Motaung, is geïdentifiseer as die leier van die beweging.

EWN berig die Dudula-beweging het middel Junie weer opslae gemaak toe hulle meer as 15 winkels by die Yeoville Market in Johannesburg aan die brand gesteek het. Dit volg nadat die winkeleienaars dreigemente van die beweging gekry het.

In April is die 44-jarige Elvis Nyathi, ʼn Zimbabwiër, dood toe spanning hoog geloop het in Diepsloot, Johannesburg.

Daily Maverick berig sedert einde 2021 het aanvalle op buitelandse burgers in Suid-Afrika in gebiede soos Alexandra en Diepsloot toegeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Delia ·

Wat n belaglike straf. Opgeskorte vonnis vir brandstigting en intimidasie en wat van al die geld wat dit gekos het om SAPD om gereedsgrondslag te plaas.
Dis n vinnige flippen hofsaak, min tot geen media dekking. Klaar gevonnis. Waar was die EFF.
Dink die regsbank en die regering ons is onnosel. Alles net n show..

Eden ·

Soos die kos en werk skaarser word gaan hierdie tipe geweld toeneem. Dit is die resultaat van dekades se ongeergde houding teenoor vreemdelinge wat onwettig die land binnekom. Dus, nog ‘n maaksel van die regime. Die SA mense is nou keelvol vir beloftes en haal die frustrasie op die onwettiges uit. Die interessante deel is dat die ANC en hul EFF bedmaats reken die hele Afrika is steeds welkom hier. Op die ou einde gaan dit beide erg seermaak.

krodedil ·

As al die onwettige emmigrante teruggestuur word na hulle eie lande sal hier genoeg werk wees vir al ons.

Blikkies ·

En die Aliens mag maar aanbly met Polisie beskerming en maak soos hulle wil?

Jaco ·

Vreemd, dié xenophobia vanaf SA se our people teenoor Zimbabwe se our people. Wat dan nou van all Africa for all Africans, African unity en so aan? Wat dan nou ook van die polities korrekte holruggeryde stelling dat “Africans can’t be racist”?

domheks ·

en so kan hulle maar doen wat hulle wil – en ons regstelse gee oplegging – maar skort dit weer op. GRAPPIE!

My siening ·

O die land is n grap en al wat die howe sê is doen dit weer ons sal julle nie swaar straf nie!

Jaco ·

Opgeskorte vonnis vir xenofobiese aanval. Baie ligte vonnis. Interessant. So stem die regstelsel dalk saam dat die buitelanders nie hier hoort nie?

Misky ·

Ek kan dit amper nie glo nie!!!! Saak so vinnig afgehandel en klaar gevonnis 2 maande later.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.