Sigaret-smokkelary naby grenspos oopgevlek

(Foto: Verskaf)

Vermoedelik onwettige sigarette ter waarde van R30 miljoen is die naweek op ʼn plaas tussen Musina en die Beitbrug-grenspos gevind voordat dit na verskillende dele van die land versprei kon word.

Vyf verdagtes is gevolglik in hegtenis geneem en sal na verwagting Maandag in die Musina-landdroshof verskyn vir die oortreding van die Doeane- en Aksynswet.

Wetstoepassers van die polisie in Limpopo, die weermag én die Valke het Saterdag op die plaas toegeslaan nadat die Valke se eenheid vir ernstige kommersiële misdaad ʼn wenk ontvang het oor onwettige sigarette wat op ʼn plaas versteek word.

Die sigarette is glo op die plaas versteek in afwagting om dit na verskillende bestemmings in die land te vervoer.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, sê die wetstoepassers het met hul aankoms op die plaas op ʼn vragmotor en ʼn trekker met ʼn sleepwa afgekom wat vol vermoedelik onwettige sigarette gelaai was.

Die sigarette was met baksteenpalette bedek.

(Foto: Verskaf)

ʼn Voorlopige ondersoek het gelei tot die opsporing van ʼn bakkie en nog ʼn vragmotor in die omgewing wat ook volgelaai was met vermoedelik onwettige sigarette.

Maluleke sê die span het deurnag gespook om beslag te lê op al die sigarette en die verdagtes op te spoor.

“Die werk van die span is prysenswaardig,” sê lt.genl. Godfrey Lebeya, die nasionale hoof van die Valke.

Lebeya sê voorts die Valke in Limpopo is vasbeslote om die smokkel van onwettige sigarette te beveg en sindikaatbedrywighede hok te slaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

TruthDealer ·

En onwettige sigaret smokkelaars baie makliker om te hanteer as die gewelddadige kriminele hier, wat ons land in n greep van terreur hou. Dis n geval van: “Easier to pick the low hanging fruit”.

domheks ·

Daar is nie ‘SONDE BELASTING’ by nie. Regering wil altyd te groot hap!

Cabous like braai ·

Begin by miesies kopdoek…..sy n groot aandeel in die versfaffing van onwettige sigarett sy haar miljoene gemaak in Covid “lockdown”

Burgermeester ·

Hoekom is dit ‘vermoedelik’ onwettige sigarette? As dit nie onwettige sigarette was nie, sou dit mos nie smokkelary gewees het nie?

Di ·

Ou kopdoek dalk ook hierby betrokke. Sy mos hoeka huisvriende met Adriano Mazzotti wat smokkel met sigarette.

Misky ·

Wat het geword van al die bewyse teen Kopdoek en haar seun tydens die lockdown rakende onwettige sigartette? Haar vingers steeds in daai pie en ons hoor niks verder nie.

Cherokee ·

Hoe gaan dit deur die doane? Of gaan dit langs die doane deur die rivier?

Casper ·

Dit sal beslis nie deur die rivier wees want die is te vol,so dit was deur die grenspos en daar is betaal vir die voordeel.Ja dit gaan sommige hoës se beursies ernstig knou.Julle weet van wie ek praat.

Cherokee ·

Hoe lank al word dit daar gestoor en hoe lank al is die rivier so vol soos nou? Dit is dalk vir baie lang tyd opgegaar.

Kokerboom ·

Ons grense so poreus soos ‘n sif. Ek kan waarborg die is net oortjies van seekoei. Die regerende regime het ons land vir die wolwe gegooi. Boewe lag vir ons. Tyd dat ons die land terugvat!

domheks ·

Wat in die land onder cANCer is nog in orde? Ek dink mens word skelm gebore!

Chris dupreez ·

Inhegtenis geneem, tot dat n hoë kop ( met n doek ? ) in die regering sê hulle moet vrygelaat word.

Pierre ·

Le maar beslag op die plaas ook, die wet is duidelik dat as eindom vir onwettighede gebruik word die eienaar die risiko loop om die eindom te verbeer

Johann ·

Beter vir anti KOPDOEK laat weet van díe sodat sy kan plan maak om die draws weer by haar pêlle uit te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.