Sindikaat teiken dalk motorfietse in PE

(Argieffoto: Unsplash)

Al hoe meer motorfietse in Port Elizabeth kry voete.

Die polisie het inwoners van die stad gewaarsku teen ʼn toename in die diefstal van motorfietse. Minstens 11 motorfietse is sedert die begin van Januarie gesteel, sê kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder.

Veral motorfietse of fietse in Humewood, Mountweg, Walmer en Kabega Park word geteiken.

“Die polisie vermoed ʼn sindikaat is in die omgewing bedrywig. Die motorfietse word of op ʼn sleepwa, of agterop ʼn bakkie gelaai en dan weggery.

“Die gemiddelde waarde van die fietse is tussen R110 000 en R150 000 elk. In die meeste gevalle word toegang tot die eiendom verkry deur die outomatiese hek van die spoor te lig. Die motorfietse word dan uit die erf gestoot,” sê Naidu.

Die polisie het ʼn beroep op motorfietseienaars gedoen om bykomende maatreëls te tref om die diefstalle te voorkom. Dit sluit in ʼn beroep om nie die sleutel in die motorfiets te los nie, selfs al staan dit in ʼn motorhuis, of om ʼn ketting of klamp om ʼn wiel te sit.

Mense word ook gevra om op die uitkyk te wees vir dieselfde minibussies of bakkies wat gereeld in die buurt rondry.

Naidu het die motorfietse as ʼn “bron van kommer” bestempel.

  • Enigiemand met inligting oor verdagte bedrywighede in hul buurt, of wat enige verdagte mense opmerk, kan sers. Nelia Carr bel by 083 226 8520.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.