Skool en winkel in Limpopo-betoging verwoes

Een van die afgebrande klaskamers by die Rasikhuthuma Secondary School. Foto: ANA

Een van die afgebrande klaskamers by die Rasikhuthuma Secondary School. Foto: ANA

ʼn Skool en ʼn winkel is Vrydagaand in Masakona naby Vuwani, Limpopo, afgebrand as deel van ʼn betoging deur inwoners oor die gebied se insluiting by ʼn nuwe munisipaliteit.

Die Rasikhuthuma Secondary School is heeltemal afgebrand toe die betoging, wat al sedert die oggend aan die gang was, gewelddadig geraak het. Betogers het die paaie na die nedersetting met klippe afgesper en deur die strate geloop en betoog.

ʼn Beampte van die skool wat nie sy naam genoem wou hê nie, het bevestig dat die skool met al sy rekords afgebrand het. Drie mobiele klaskamers buite die skoolgebou is ook vernietig.

Thomas Munyai, die eienaar van ʼn snoepwinkel in die nedersetting, het gesê hy het sy winkel gesluit toe hy sien dat die betoging gewelddadig raak, maar iemand het hom later die aand gebel om te sê die winkel is heeltemal afgebrand en sy voorraad is geplunder. “Die betogers het my daarvan beskuldig dat ek die besluit om by die nuwe munisipaliteit ingesluit te word, ondersteun,” het hy gesê.

Maroela Media het Vrydag berig dat die polisie rubberkoeëls moes afvuur om die betogers onder bedwang te kry. Die inwoners is ongelukkig omdat die nedersetting voortaan by die nuwe Malamulele-munisipaliteit ingesluit sal word. Hulle voel dat dit tot ʼn verswakking in openbare dienste sal lei.

Intussen het verkiesingstasies van die onafhanklike verkiesingskommissie (OVK) Saterdag te midde van die betoging gesluit gebly. Daar was deurentyd ʼn sterk polisieteenwoordigheid in die gebied en sprake dat adjunk-pres. Cyril Ramaphosa Saterdag met die betogers sou vergader.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gesie ·

Nou ja toe, nog ‘n skool minder! Nou presies wat dink julle wat het julle daardeur bereik? ‘Dink’ is miskien eerder die verkeerde woord in hierdie konteks…

DPJ ·

En sogaan die demokrsie daarmee heen. Party mense verstaan net geweld om hul in beheer te hou.
Hulle verstaan nie lewe en laat lewe nie!

Veritas ·

Suid-Afrikaners moet onder die domstes ter wêreld tel. Hier is ‘n sprekende voorbeeld van absolute breinlose optrede. Die spul betaal tien teen een gladnie vir munisipale dienste nie en net omdat hulle in hul onnoselheid dink dat dié dienste, onder ‘n ander munisipaliteit, sal verswak, tree hulle soos ‘n spul barbare op. Die ergste van alles is dat hulle, hul kinders se toekoms saam met die skool verbrand het. So gaan die ketting van armoede net langer word. Nog ‘n geslag van ongeletterde jongmense wat nie gaan werk kry nie en ‘n nog groter las op die belastingbetaler laai. Kan ‘n mens ‘n dommer ding doen? Die arme winkeleienaar moes ook deurloop. Sy eiendom is afgebrand en geplunder net omdat hy iets bymekaar gemaak het en hulle afgunstig is op enigeen wat iets van sy lewe probeer maak deur te werk. Môre, wanneer die gesteelde goedere klaar is, gaan hulle weer huil om hulp van liefdadigheidsorganisasies. Wat ‘n spul idiote!

GES ·

Dit is een ding om te betoog maar sou ‘n mens daar toe oorgaan is dit absoluut idioties om jouself te benadeel om jou punt te maak. Foeitog.

Moeggepraat ·

Baie slim plan gewees…. Kan sommer nou direk van Laerskool na Universiteit gaan en daar verder aanjaag. Blameer dan die whiteys as bevoorreg en noem hulle sommer rasiste. Dan sal die staat julle studies ook betaal.

GES ·

Dit is een ding om te betoog maar dit is dom onosel om jouself te benadeel om jou punt te maak. Foeitog!!

Elo ·

Dis kommerwekkend dat mense deur middel van geweld probleme wil oplos-die wat so optree het geen insig en hul oordeel is swak. Ouers en skole moet dit deel van lewensorientering maak om kinders probleem oplossing metodes en konflik hantering te leer dat hul van beter kan weet as hul volwassenes is.

Chris W ·

Mmm geweet my kommentaar sal verwerp word omdat die waarheid nie mag vertel word nie!!Toemaar Maroela Media daars duisende wat my mening oor die’ mense deel en niemand en niks sal dit verander nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.