ʼn 17-jarige leerder verskyn Donderdag in die hof nadat hy na bewering Woensdag twee leerders tydens ʼn geveg by ʼn hoërskool met ʼn mes aangeval het.
Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het Donderdag gesê daar word beweer dat die seun Woensdag om 08:00 deel was van ʼn groep seuns wat in ʼn geveg betrokke was by ʼn hoërskool in die Nsuze-omgewing buite Tongaat.
“Die verdagte het glo tydens die geveg ʼn mes uitgeruk en ʼn 17-jarige leerder noodlottig gewond. ʼn 18-jarige leerder is ook verskeie kere tydens die voorval gesteek,” het Zwane gesê.
Die verdagte, wat van dieselfde skool is, het daarna van die toneel gevlug.
ʼn Saak van moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer, is by die Nsuze-polisiestasie aanhangig gemaak. Speurders het begin ondersoek instel en die seun is later die dag in die omgewing vasgetrek.
Die saak sal in die rondgaande hof in Nsuze voorkom.
Wys jou net hulle loop met mese wapens rond om dood te maak ouers het geen keer meer oor kinders
Verlede week was daar ook n graad 11 seun in Wonderboom Hoerskool wat my dogter gedreig het met n mes. Die lem was 17cm lank. Die wit seun is glo bekend by die skool as n moeilikheid maker. Sulke kinders moet summier geskors word.
Wiebo ,julle moes ‘n klag by die polisie ingedien het.ENIGE mes met ‘n lem langer as 2,5duim of 6&1/4 cm is onwettig om in jou besit te he.Die feit dat hy haar gedreig het is genoeg rede om ‘n klag te le teen hom by die polisie.Hulle sal hom vinnig tot sy sinne bring!
Ek stem saam met tiger, jy moes dit aan gekla het!! Gaan polisie stasie toe en gaan lê ń klag, ek dink nie dis te laat nie! As hulle jou vra hoekom het jy nie dadelik nie sê net jy het nie geweet nie, maar gaan asb, al kan hulle nie meer iets doen nie! Dit is altyd goed om ‘n “paper trail” te hê!!! Baie sterkte aan jou kind!
En hoe moet ons kinders hulself verdedig??
He he he. Daar sal niks van kom nie. Wit of ????
Met watse waardes word die mense groot indien enige ….die ouers is afwesig deesdae en het self geen morele waardes nie. Ek wens so dat elke kind met die boek ”Die pikkewyne dink en doen” kan groot word …dis basiese kort lewenslesse wat waardes vaslê dmv n storie en is geskryf deur n baie kundige vrou wat haar hele lewe gewy het aan die psige van die kind.
Dit gebeur as daar nie meer n rotang by n skool gebruik word nie.
Ek het my hele lewe lank elke dag ‘n knipmes in my sak, ook op skool.
Nog nooit ‘n onskuldige persoon geviktimiseer nie.
Erken eerder dit is ons permissiewe ‘progressiewe’ samelewing wat die fasiliteerder is..
Snaaks dat hulle so streng op vuurwapens is terwyl messe die wapen is wat die meeste moorde veroorsaak
Gert, moet nie vir hul idees gee nie, hul is nie eens bevoeg om vuurwapen lisensies te hanteer nie, wat nog van mes lisensies.
My kind was al gedreig op skool en sake was hangend gemaak en niks het gebeur ni
Vir persoonlikke beskerming, ek praat van opgevoede grootmense, is daar nie n beter kursus om by te woon as n mes selfverdedigings kusrsus nie. Dit leer jou om jou knipmes doeltreffend te gebruik in n nood situasie. Soos genome, jy het nie n lisensie nodig nie, en jy kon dit mos afgeneem het. Dis n baie goeie kursus vir vroue en mans. Die element van verassing…
Maar n snuiter met n mes, wat my kind dreig sal waarlik sy riemme stuif loop. So ook sy ouers, jy kan maar gaan kyk met sulke optredes, is daar gewoonlik tuis fout! Geen fonadsie, behoorlikke opvoeding, christelikke opvoeding, of daar is n boelie in die huis. Wat n voorbeeld is…