Skoolhoof se kantoor, klaskamer brand

Brandskade aan die Mothelesi Secondary School. (Foto: Verskaf)

Die polisie stel ondersoek in nadat ’n brand oor die naweek die skoolhoof se kantoor en ’n klaskamer van ’n hoërskool naby Pampierstad in puin gelê het.

Die skoolhoof van Mothelesi Secondary School in die Shaleng-nedersetting het Saterdag omstreeks 06:00 ’n oproep van ’n leerder ontvang wat naby die skool woon. Die leerder hom meegedeel dat die skool brand.

Die presiese oorsaak van die brand is nie in dié stadium bekend nie, maar daar word vermoed dat die brand gestig is.

Elias Malindi, woordvoerder van die provinsiale departement van onderwys, sê twee fotostaatmasjiene, ’n drukker, ’n yskas, klaskamermeubels en skoollêers is tydens die brand beskadig.

Brandskade aan die Mothelesi Secondary School. (Foto: Verskaf)

Leerders wat veronderstel was om Saterdag ekstra lesse by die skool by te woon, kon weens die brand ook nie met die lesse voortgaan nie.

Viola Motsumi, provinsiale LUR vir onderwys, het sedertdien die brand veroordeel.

“Sulke voorvalle vertraag die lewering van gehalte-onderwys aan leerders.”

Volgens Motsumi gaan hierdie voorval boonop bestaande agterstande in die verskaffing van infrastruktuur vererger. “Ek wil ’n beroep op die wetstoepassingsagentskappe doen om diegene agter hierdie afskuwelike voorval vas te trek.”

Brandskade aan die Mothelesi Secondary School. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Danie ·

Jy hoef nie ver te gaan soek nie ons seker een van daardie volwasse leerders wat n probeem het en die oplossing brand die skoolhoof se kar en of die skool.

Nie Verbaas ·

Viola Motsumi, wat is jou definisie van gehalte onderwys?

Nie Verbaas ·

Ek sou nooit kon dink dat ons sal terugkeer na die steentydperk toe nie.

Elize ·

Ons is vinnig oppad. My gesk onnie het altyd gese: History repeats itself and then it’s always back to basics. Die spul versnel dit net

Chris dupreez ·

Daar is sekere leerders wat in verbeteringskole hoort en van hulle is oud genoeg om tronk toe te gaan

Racheltjie Debeer ·

Brand vandag die skool af want hul is vies vir die hoof. Môre betoog hulle oor die skool afgebrand is.
Gehalte-onderwys?????????? Ons ministers het geen benul van gehalte onderwys nie.

Mariana ·

En dit te midde van te min skole. Hoe stompsinnig is iemand wat als net afbrand? Baie min grysstof wat so maak.

quartus ·

Ek dink die leerders hou nie baie van die Saterdag skool nie

Marcello ·

WOW !!! Dit gaan lekker in SA, brand af,….. en môre word dit weer opgerig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.