Slide the City, ʼn geleentheid waar mense ʼn 304 m-glybaan met ʼn 26 m lange swembad sou kon geniet, is uitgestel weens die waterkrisis wat Suid-Afrika tans beleef.
Minette Ferreira, algemene bestuurder van Huisgenoot, YOU en Drum, het gesê hoewel alles moontlik gedoen is om seker te maak dat geen water gemors sou word nie, neem organiseerders van dié geleentheid die waterkrisis baie ernstig op.
“Ons weet baie mense sal teleurgesteld wees oor dié geleentheid uitgestel word, maar ons glo ons neem die regte besluit omdat elkeen sy of haar deel moet doen om water te bespaar in Suid-Afrika.”
Kaartjies kan gehou word tot die volgende geleentheid of mense kan dadelik ʼn terugbetaling kry, as hulle dit verkies.
Besoek gerus Shoprite/Checkers/House&Home of Computicket vir ʼn terugbetaling of bel Computicket by 086 1915 8000.
Goeie besluit geneem daar.
Die water sou nie van die gewone waterbronne kom nie en sou dus geen impak op enigiemand anders se toegang tot water gehad het nie.
Tog moet redelikheid dikwels voor oningeligte emosie swig.
Ek stem saam met Marlene.
dit lyk na vet pret, waar word dit gewoonlik gehou?
Die mense wat dit nie verstaan nie, moes seker nie vir water bid nie :-(
Daar word soveel rou riool in die Vaalrivier en Vaaldam ingepomp dat die kontrepsie maklik tussen ‘n foutiewe suiweringswerke en die Vaalrivier/-dam opgesit kon gewees het. Dalk met nog beter glyerige resultate as gewone water . . .